Pure perdjie!

Tanja Bause
Tanja Bause - Die wilde perde in die suide van Namibië het nóg ’n vulletjie ryker geword.

Mirage is nou 12 dae oud en perdfris en gesond.

Die Namibia Wild Horses Foundation (NWHF) het ná sy geboorte op hul Facebook-bladsy vir naamvoorstelle gevra.

Die enigste voorwaarde was dat die naam met ’n “M” moes begin omdat die hingsvulletjie ma se naam Meredith is.

Die naam Mirage is voorgestel en as motivering is gesê “miskien sal die hiënas hom as ’n lugspieëling sien”.

Meredith herstel nog van die swangerskap en geboorte. Die ander perde is in ’n redelike toestand danksy gras wat ná vroeër vanjaar se reëns begin groei het.

Mirage se pa, Kilo, is ook Zohra se pa – ’n ander vulletjie wat nou al amper agt maande oud is.

Daar is tans 72 wilde perde en twee vullens by Garub en omgewing.

“Daar is ook nog verskeie dragtige merries wat vir reën in Oktober wag om geboorte te gee.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!