PwC reik verslag oor Eskom, Tegeta uit
Eskom se kontrak met Tegeta Exploration and Resources vir die verskaffing van steenkool bevat teenstrydighede, was swak opgestel en in stryd met die verskaffingsketting.
PwC het Woensdag 'n konsepverslag oor Eskom en Tegeta wat deur die nasionale tesourie se verkrygingskantoor aan die parlement se staande komitee op openbare rekeninge (Scopa) voorgelê .
Die verslag bevat ook Eskom se kommentaar op die bevindinge.
Tegeta word deur die Gupta-familie en pres. Jacob Zuma se seun, Duduzane, besit en staan sentraal in Thuli Madonsela, die voormalige openbare beskermer se verslag oor staatskaping.
PwC se verslag bevind:
1. Dit lyk of die kontrak met Tegeta vinnig opgestel is. Eskom sê hy was besig om standaardvoorwaardes te hersien en dit is die rede vir teenstrydighede.
2. Daar is teenstrydighede oor van die datums van die omgewing- en regsverslae wat daarop dui hulle dalk teruggedateer kon gewees het omdat die “vier oor die vyf op die jaar 2015 geskryf is”. Volgens Eskom is alle kontrakte in 2014 onderteken.
3. Die kontrak was swak geformuleer, bevat irrelevante inligting en dubbelsinnighede. Eskom sê die kontrak is saamgestel met insette van sy regspan.
4. Die steenkoolverkrygingsprosedure wat in die kontrak vereis word is in konsepformaat, onvolledig, nie op ooreengekom of toegepas nie. Eskom sê die prosedure was nie onderteken nie aangesien die myn nie 'n outomatiese stelsel om monsters te neem soos wat vereis word besit nie.
5. Die verslag sê daar kan geen bewys gevind word van voldoening aan finansiële evaluering nie. Eskom sê 'n omvattende finansiële gesprek het plaasgevind wat finansiële modelle ingesluit het.
Verkryging
PwC sê ook in die verslag Eskom se verkrygingsbeleid verbied die enkelvoudige beoordeling van kontrakte.
Eskom het ongeag hiervan, voortgegaan om kontrakte van meer as R3 miljard goed te keur.
Daar is geen bewys dat tenderkomitees oor die kontrak met Tegeta gekonsulteer is nie.
PwC beveel aan 'n tegniese en regsoorsig van die kontrak met Tegeta dringend nodig is om “inligting oor Eskom se optrede in verband met die verdere toepassing en bestuur van die verhouding met die verskaffer te bekom”.
Die nasionale tesourie en Eskom is al sedert die begin van die ondersoek oor kontrakte wat die kragvoorsiener ter waarde van R10 miljoen met Tegeta toegeken het in 'n stryd gewikkel.
amaBhungane het voorheen berig Eskom het drie kontrakte ter waarde van R10,7 miljard in 2016 onderteken om steenkoolkontrakte te verleng.
Die kragvoorsiener het na bewering nie die regte verkrygingsprosedures gevolg nie.
Een van die kontrakte ter waarde van R7 miljard was met Tegeta om steenkool aan die Komati-kragstasie te lewer.
Komati is een van vyf kragstasies wat geoormerk is om gesluit te word wat die vraag laat ontstaan hoe Eskom die koste van die kontrak gaan dek.
'n Verslag deur die tesourie wat in April uitgelek het dui op onreëlmatighede in die steenkoolkontrak tussen Eskom en Tegeta.
BusinessLive het berig die tesourie wil hê die R659 miljoen wat vooruit aan Tegeta betaal is moet in 'n lening, wat met rente terugbetaal moet word, verander word.
Khulu Phasiwe, woordvoerder vir Eskom, het gesê die verslag is nie gefinaliseer nie en enigiets wat daaroor gesê word is spekulasie.
– Netwerk24/Fin24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie