Pyle vir wyle Ruan afgeskiet
Boogskiet
Pyle het laas Saterdag deur die lug gevlieg met ’n spesiale herdenkingskompetisie by die SKW-boogskietklub wat ter nagedagtenis aan wyle Ruan van Staden gehou is.
Ruan was ’n ywerige boogskutter voordat hy dié sport vir fietsry veruil het. Hy is in 2019 skielik op 23-jarige ouderdom oorlede. SKW het besluit om jaarliks ’n kompetisie te hou om Ruan se nalatenskap te gedenk. Besoek gerus RVS-Young@Heart op Facebook.
Al was die deelnemende skutters min en die wind nie hul vriend nie, was goeie sportmangees aan die orde van die dag.
Die volgende gedagte van Gangasan Thawait het vir almal opgesom waaroor die dag gaan: “The life of a person is measured not with the year, but the the footprint that he leaves in other people’s lives, thoughts and hearts.”
Die SKW-boogskietklub bedank Riaan en Sandra van Staden, Ruan se ouers, vir die geskenke wat aan elke skutter voorsien was asook die kontantpryse aan die wenners.
Die voorste uitslae:
SAAMGESTELDE BOOG
Penkoppe, meisies: Cailin Venter (Swakopmund-boogskietklub).
Vroue: Ilana Malan (SKW).
Mans: Jannie Meuwesen (Lüderitz-boogskietklub).
Meestersmans: Moritz Hoff (SKW).
TERUGBUIGBOOG
Kadetseuns: Evan Meyer (ontwikkelingskutter).
JAGBOOG
Mans: Stephan Meyer.
Die SKW-boogskietklub bedank ook graag vir Erwin Reinhardt vir die skenking van twee boë wat vir die ontwikkeling van nuwe skutters in Namibië gebruik sal word.
Die volgende boogskietkompetisie is op 23 en 24 Mei in Swakopmund.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie