Pyn by petrolpomp word al hoe erger
Pyn by petrolpomp word al hoe erger

Pyn by petrolpomp word al hoe erger

Tasneem van Rooyen - Die pyn by die petrolpomp gaan in Desember selfs slegter wees as wat voorheen voorspel is – en die verswakking van die rand is ’n donker wolk oor die verwagtinge.

Volgens die nuutste syfers van die Sentrale Energiefonds is die onderverhaling op die petrolprys reeds meer as 71c per liter en op die dieselprys meer as 59c per liter.

Dit sal die grootste styging nóg vanjaar wees.

Die brandstofprys word op 1 Desember vasgepen en geld van Woensdag 6 Desember af – net mooi op die dag wat skole sluit en baie mense wegbreek vir die vakansie.

Die onderverhaling kom te midde van geopolitieke spanning tussen die wêreld se tweede grootste uitvoerder van ruolie, Saoedie-Arabië, se geopolitieke sake, en Iran.

Brent-ruolie het die afgelope week tot byna $65 per vat gestyg.

Saoedi-Arabië beskuldig Iran daarvan dat hy ’n brand in ’n pypleiding veroorsaak het wat die twee bondgenote aan mekaar verbind. Dit het tot ’n brand by een van Saoedi-Arabië se aanlegte gelei.

David Lennox, ontleder by Fat Prophets in Sydney, het aan Bloomberg gesê: “Politieke konflik in die Midde-Ooste kom en gaan, maar daar is tans genoeg spanning om die mark op ’n mespunt te hou.”

Die rand het Maandag deur R14,50 per dollar verswak, wat die vooruitsig vir die brandstofpryse selfs verder verswak.

Die Organisasie van Petroleumuitvoerlande (Opul), Rusland en ander nie-Opul-lede beperk op die oomblik produksie in ’n poging om die olieprys op te jaag.

Dié ooreenkoms gaan waarskynlik tot ná Maart 2018 verleng word.

Wie is die wêreld se grootste olie-uitvoerders?

1. Rusland

Sedert Desember 2016 het Rusland Saoedie Arabië se titel oorgeneem as die wêreld se grootste olieprodusent. Rusland is ’n nie Opul-vervaardiger en het in Augustus 10,34 miljoen vate olie per dag vervaardig. Dit is steeds ’n afname in vergelyking met die vorige maand.

2. Saoedi-Arabië

Opul se groot-vervaardiger het in Augustus 9,95 miljoen vate olie per dag vervaardig. Dit is die eerste keer sedert Mei vanjaar wat hulle minder as 10 miljoen vate per dag produseer.

3. VSA

Die VSA het in Augustus 9,34 miljoen vate olie per dag vervaardig. Dit is die derde opeenvolgende maand waarin daar ’n toename in vervaardiging is.

4. Irak

Irak word gesien as Opul se tweede grootste olievervaardiger en het in Augustus 4,38 miljoen vate olie per dag vervaardig. Dit is minder as die vorige maand sse 4,4 miljoen.

5. Kanada

Kanada het in Augustus 3,12 miljoen vate olie per dag, ’n bietjie minder as die vorige maand.

6. Venezuela

Venezuela het in Augustus 2,1 miljoen vate olie per dag vervaardig . Dit is steeds minder as wat hul die vorige maand vervaardig het.

7. Nigerië

Nigerie het in Augustus ongeveer 1,99 miljoen vate olie per dag vervaardig. Nigerië is Afrika se grootse olievervaardiger en deel van Opul.

8. Mexiko

Mexiko het in Augustus 1,94 miljoen vate olie per dagvervaardig. Dit is ook hul derde maand waar daar ’n toename in olie vervaardiging is.

9. Angola

Angola is Afrika se tweede grootste olievervaardiger en ook deel van Opul. Daar is in Augustus 1,6 miljoen vate olie per dag gepomp. Dit was die derde opeenvolgende maand waar die land ’n toename in olievervaardiging toon.

10. Noorweë

Noorweë pomp 1,57 miljoen vate olie per dag. – Netwerk24/Bykomende bronne: CNBC, Bloomberg

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!