Pynappel-rysslaai
4 Porsies
Bestanddele:
1 klein pynappel, geskil
8 repe spek, gehalveer
sowat 30 ml sesamolie
1 wortel, gerasper
1 rooi brandrissie, gekap
½ rooi en ½ geel soetrissie, gekap
500 ml gaar bruinrys
’n bossie sprietuie, gekap
vars koljander
Metode:
1. Sny die pynappel in kwarte en verwyder die kern. Sny elke kwart in vier ewe groot blokke. Draai ’n halwe reep spek om elke blok pynappel en ryg op vier sosatiestokkies.
2. Verhit die sesamolie en braai die stokkies totdat die spek mooi bruin en gaar en die pynappel sappig is en begin sag word. Haal uit die pan en braai die wortel en rissies saam tot glansend. Voeg nog ’n bietjie olie by indien nodig. Roer die rys en sprietuie by en verhit tot deurwarm.
3. Skep die rys op ’n mooi bord en sit die pynappelstokkies bo-op. Strooi die koljander oor en sit warm voor. Kasjoeneute is ’n lekker opsionele ekstra.
Wenk:
As jou tyd knyp, kap die spek en braai dit saam met die blokkies pynappel pleks daarvan om dit op stokkies te ryg. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie