Qatar kanselleer Namibiese vlugte
Qatar kanselleer Namibiese vlugte

Qatar kanselleer Namibiese vlugte

Dié lugredery hoop om volgende jaar weer vlugte na en van Windhoek te hervat.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg









Nóg ’n groot slag het die Namibiese toerismesektor getref toe Qatar Airlines gister al sy Namibiese vlugte gekanselleer het.

Groot opgewondenheid het in die toerismebedryf geheers toe dié lugredery vanaf volgende Donderdag twee keer per week vlugte tussen Windhoek en Doha sou aanbied.

Qatar Airlines se hoof in Namibië, me. Rasha Mohamad, het gister by navraag van Republikein bevestig dat die besluit gister geneem is om Namibiese vlugte te kanselleer.

“Dit is ongelukkig dat Qatar sy vlugte na en van Windhoek moes kanselleer, maar die uitdagings in die lugrederybedryf is enorm,” het Mohamad gesê.

Op ’n vraag wat die rede vir die skielike kansellasie is, wou sy nie uitbrei nie, maar het gesê “die beperkings en reisregulasies oor die algemeen om die land binne te kom, is net te groot uitdaging”.

Mohamad het gesê Qatar Airlines is bereid om hul vlugte weer volgende jaar te hervat.

“Hopelik is ons voor April 2021 terug,” het sy gesê.

Uit die toerismebedryf word die skuld op die regering se Covid-19-regulasies gepak wat voortdurend verander en nie juis reisigersvriendelik is nie.

Die voorsitter van die Toer- en Safarivereniging (Tasa), me. Nathaly Ahrens, sê Qatar se kansellasie is baie slegte nuus en die toerismebedryf is baie bekommerd hieroor.

“Daar was ’n redelike aantal gaste op Qatar bespreek en dit is vir die toerismebedryf nou nóg ’n terugslag, spesifiek omdat daar ook so baie onsekerheid oor Air Namibia se toekoms is,” het Ahrens gesê.

Sy sê sy hoop dat die ander lugrederye darem sal aanhou vlieg, “anders is die toerismemark in ’n baie groot beslommernis”.

FENATA

Gisteroggend is ’n vergadering tussen die nuwe direksie van die Namibiese Toerismevereniging (Fenata) en die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme gehou.

Daartydens het die uitvoerende hoof van die Namibië Toerismeraad (NTB), mnr. Digu //Noabeb, gesê tussen 11 en 28 September het altesaam 420 passasiers op vlugte van Ethiopian Airlines en Eurowings op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako geland, berig Steffi Balzar van ons Duitse susterskoerant, Allgemeine Zeitung.

“Uit dié 420 passasiers was 294 toeriste, van wie 105 Duitse toeriste was,” het //Noabeb gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!