Quantum se hoenders lu00ea goue eiers
Quantum se hoenders lu00ea goue eiers

Quantum se hoenders lê goue eiers

Die braaihoender- en eierprodusent Quantum se bedryfswins het die afgelope boekjaar met 'n allemintige 178% tot R473 miljoen toegeneem.

Dié uitsonderlike winsstyging is grootliks gedryf deur die skerp styging in die prys van eiers, sê die maatskappy.

Quantum het Donderdag sy resultate vir die jaar tot einde September uitgereik.

Die voëlgriepepidemie van 2017 het die maatskappy se eierproduksie byna verlam. Sy getal lêhoenders het van 'n hoogtepunt van 24,4 miljoen in 2017 tot 'n laagtepunt van 21 miljoen in 2018 gedaal.

Eierproduksie was byna 8% minder as in die vorige boekjaar, maar die tekort het die eierprys 23,7% opgestoot.

Die maatskappy is vroeg in 2018 weer deur 'n voëlgriepepidemie getref, maar die impak daarvan was kleiner.

'LOGISTIEKE NAGMERRIE'

Die maatskappy moes wel bontstaan om genoeg eiers aan al sy klante te verskaf. Dit was veral 'n “logistieke nagmerrie” om eiers van sy plase in Gauteng en Noordwes na die Wes-Kaap te vervoer, sê Quantum in sy jaarverslag.

Quantum het gelukkig ook 'n uitbetaling van R22 miljoen van sy versekeraars gekry om hom te vergoed vir die verliese wat hy weens die ­voëlgriepepidemie gely het.

Terselfdertyd het die ­maatskappy R1,2 miljard uit die verkoop van eiers verdien.

Die voëlgriepepidemie het ook die verkoop van hoendervleis en lêhoenders negatief geraak.

Quantum het R78 miljoen minder verdien uit die verkoop van braai-

en lêhoenders in die afgelope boekjaar.

Sy wesensverdienste was 222% hoër op R361 miljoen terwyl sy ­verdienste per aandeel met 195% toegeneem het tot R1,64.

Die maatskappy het 'n totale dividend van 90c per aandeel verklaar.

Quantum se aandeelprys het ­Donderdag met meer as 8% tot R4,70 gestyg.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!