Quintin draf voor in Bolandstadion
Theuns Kotzé kry as die Boland Kavaliers se eerste keuse losskakel ruskans en speel nie môre in Wellington teen die Windhoek Draught Welwitschias in hul kwalifiserende Curriebekerwedstryd nie.
Kotzé was verlede week op sy stukke in die Namibiese toetstrui by die Wêreldrugby Nasiesbekertoernooi in Roemenië en kon opnuut ’n doring in sy minder ervare landgenote se vlees gewees het.
Totdat die Namibiese toetsgroep komende Maandag byeenkom om vir die Afrikabeker voor te berei, het spelers soos Johan Deysel, Aranos Coetzee, Damian Stevens, Janco Venter, Renaldo Bothma en Wian Conradie intussen almal na hul unies in Suid-Afrika teruggekeer.
Net drie plaaslike spelers wat beperkte speeltyd tydens die nasionale span se toer na Roemenië gekry het, is vir die naweek se Welwitschias-span ingesluit. Hulle is die vleuel Malcolm Moore, stut Collen Smith en stut/haker Petri Burger. Ander plaaslike spelers is wel deur die Namibiese toetsafrigter Phil Davies vrygestel, maar was vanweë werkverpligtinge nie beskikbaar nie.
Die keuses tot afrigter John Williams se beskikking bly dus maar beperk, maar hy hou vol dat die groep ’n positiewe perspektief behou. “Al die manne wat speel, het die wil om daar te wees en hul kant te bring.”
’n Nuwe kaptein – die derde van die seisoen – is die naweek aan die stuur vir die Welwitschias, naamlik die loskopstut Quintin Esterhuizen.
Hy vervang die senter Francois Wiese, wat steeds herstel van ’n maagvirus wat verlede naweek die rondte in die Welwitschias-kamp gedoen het. Minstens drie spelers was Saterdagoggend voor die afskop teen die SWD Arende nog ongesteld en Wiese kon net 20 minute speel.
Die slot Muniovita Kasiringua (sterfte in die familie) en losvoorspeler Joe Hermann (skouerbesering) is nog twee wie se plekke teen Boland gevul moes word. Alberto Engelbrecht en Max Katjijeko is dus in die beginspan.
Die Universiteit van Namibië se voormalige nasionale o.20-heelagter Chess Lawrence is die nuweling in die 23-tal wat sy eerste proesel van provinsiale rugby kry.
• Die Bolanders, onder die wakker afrigterskap van Brent Janse van Rensburg, is tans vierde op die puntelys (35), maar het saam met Griekwas (eerste met 41 punte) en die Pumas (36) reeds bykans genoeg gedoen om te verseker dat hulle die drie beskikbare plekke vir die latere Curriebekerreeks opraap.
Die Westelike Provinsie (tweede met 37) en die ander vyf unies met Superrugby-status is reeds verseker van hul plekke.
Windhoek Draught Welwitschias: 15 Justin Nel, 14 Phillip Nashikaku, 13 Lesley Klim, 12 Shaun Kaizemi, 11 Malcolm Moore, 10 Aurelio Plato, 9 Cameron Klassen, 8 Morné Blom, 7 Max Katjijeko, 6 Zayne Groenewaldt, 5 Wikus Davis, 4 Alberto Engelbrecht, 3 Hauta Veii, 2 Dewald Coetzee, 1 Quintin Esterhuizen (kapt).
Reserwes: 16 Collen Smith, 17 Petri Burger, 18 Grandt Nash, 19 Johann Wohler, 20 JC Winkler, 21 Riaan van Zyl, 22 Chessborough Lawrence.
Boland Kavaliers (15-1): Nico Scheepers, Sergio Torrens, Ryan Nell (kapt), Christopher Bosch, Danwel Demas, Adriaan Carelse, Marnus Hugo, Zandré Jordaan (o.kapt), Shaun McDonald, Kenan Cronje, Ferdinand Jakobus Horn, Hanno Kitshoff, Francois Hanekom, Chadley Wenn, Linda Thwala.
Reserwes: Clemen Lewis, Yves Bashiya, Ockert van Zyl, Wayne Wilschut, Jovelian de Koker, William van Wyk, Gerrit van
Wyk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie