R36 000 vir die nuwe Samsung Galaxy
Petrus Malherbe – Die beste weergawe van Samsung se jongste vlagskipfoon gaan jou byna so veel uit die sak jaag soos ’n klein, tweedehandse motor.
Teen ’n voorgestelde prys van R35 999 is die Galaxy S10+ met een teragreep stoorruimte Samsung se duurste foon nóg.
Hoe lank dié rekord behoue gaan bly, is ’n ope vraag aangesien die tegnologiereus Woensdag ook die koms van sy eerste voubare foon aangekondig het.
Die Galaxy Fold se plaaslike prys is nog nie bekend nie, maar Amerikaners weet reeds hulle gaan $1 980 daarvoor moet opdok wanneer dit einde April daar uitgereik word.
Dit maak die Galaxy Fold heelwat duurder as die duurste iPhone, waarvan die prys reeds bo R33 000 gaan draai.
Geharde aanhangers het darem ook aanstaande maand die opsie om ’n goedkoper Galaxy S10 aan te skaf, hoewel met minder stoorruimte.
Die goedkoper S10e sonder verskeie van die S10 en S10+ se tierlantyntjies kos net R15 999. Die middelslag-S10 met die kristalhelder skerm en drieledige kamerastelsel kos R18 999 vir die goedkoopste weergawe.
As jy egter die massiewe S10+ met die ruim skerm van meer as 16 cm wil hê, moet jy bereid wees om R20 999 daarvoor op te dok.
Die fone word op 8 Maart uitgereik, ook hier in Suid-Afrika. Almal wat die fone vooraf bestel, kry ’n gratis paar koordlose Samsung-oorfone.
Kontrakpryse ook bekend
Daar is natuurlik ook die opsie om enigeen van dié toestelle deur die vier grootste diensverskaffers op kontrak te bekom.
Telkom en Vodacom is die goedkoopste wat die S10e betref teen R699 per maand op die goedkoopste beskikbare kontrak.
By Vodacom sluit dit 350 megagrepe data per maand in terwyl jy by Telkom een gigagreep data per maand kry.
MTN is die duurste. Daar kos die S10e R749 per maand, en jy kry dieselfde hoeveelheid data as by Vodacom.
Die S10 se prys op kontrak wissel tussen R799 en R899, met MTN wat weer die duurste is.
Jy kan byvoorbeeld die S10+ vir dieselfde prys per maand by Telkom kry as die S10 by MTN teen R899.
Die S10+ kos R999 per maand by MTN en R899 by Vodacom.
Cell C het nog nie sy kontrakpryse vir die nuwe Galaxy-fone bekend gemaak nie, hoewel jy dit reeds op sy webwerf kan bestel. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie