R8 m. vir u2019n bottel wyn, maar hoekom?
R8 m. vir u2019n bottel wyn, maar hoekom?

R8 m. vir ’n bottel wyn, maar hoekom?

’n Bottel 1945-Romanée-Conti-boergonjewyn – oftewel burgundy – is Saterdag vir die rekordbedrag van $558 000 op ’n veiling in New York verkoop.

Dit is sowat R8 miljoen teen die huidige wisselkoers.

Die afslaer Sotheby’s – wat die veiling gehou het – sê ’n Asiatiese versamelaar het dié enorme bedrag vir die 750 ml-bottel betaal.

Dit beteken dit kos jou sowat $100 000 (R1,4 miljoen) om een glas van dié wyn te drink.

Dié bottel wyn was nie die enigste een wat vir ’n arm en ’n been verkoop is nie.

’n Amerikaanse versamelaar het dieselfde dag $496 000 (R7,1 miljoen) vir ’n soortgelyke bottel wyn betaal.

Die Liv-ex- aanlyn wynwinkel sê wat dié beleggers vir ’n enkele bottel wyn betaal het, kon ook gebruik word om óf 133 bottels 2010-Château Pétrus óf ’n eenslaapkamer-woonstel in Londen óf 400 fynons goud mee te koop.

Die vraag is nou: Hoekom sou iemand soveel vir een bottel wyn betaal?

Baie skaars

Alle wyn afkomstig van die Domaine de la Romanée-Conti in die dorpie Vosne-Romanée in Frankryk is bekende boergonjewyne wat mense graag versamel.

Die plaas is net sowat 4,5 akker, oftewel 1,8 hektaar, groot.

Druiwe word met die hand gesorteer.

Die plaas is so bekend ’n afperser het al €1 miljoen geëis of daar is gedreig dat die boorde vergiftig sou word.

Die losprys is nie betaal nie en die persoon wat die eienaar gedreig het, is gevang.

Legendariese oesjaar

Die 1945-oesjaar is legendaries en bykans onmoontlik om in die hande te kry.

Daar is net 600 bottels Romanée-Conti in daardie jaar gemaak.

Boonop is die hele wingerd ná daardie oesjaar vervang.

Die volgende oesjaar wat dié plaas gelewer het, was eers in 1952.

Winspotensiaal

Jamie Ritchie, wêreldwye hoof van wynverkope by Sotheby’s, sê hy hoop die twee kopers drink eerder die wyn as wat hulle dit verkoop.

Die feit dat die wyn so skaars is, maak dit egter ’n goeie belegging.

Daar is egter geen waarborg ander beleggers gaan bereid wees om soveel vir ’n enkele bottel wyn te betaal nie.

Goed bewaar

Die bottel wyn, wat nou ouer as 70 jaar is, is baie goed bewaar wat die waarde daarvan verhoog.

Al twee die bottels wyn wat verkoop is, het aan Robert Drouhin (85) behoort.

Sy familie besit ook ’n bekende wynplaas – Maison Joseph Drouhin – waar boergonjewyn oorspronklik die eerste keer gemaak is.

Die twee bottels is dekades lank in die wynkelder op dié bekende plaas gebêre.

– Bloomberg, verwerk/Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!