RA: Bestuur versigtig op verspoelde pad
RA: Bestuur versigtig op verspoelde pad

RA: Bestuur versigtig op verspoelde pad

Francoise Steynberg
Die Paaieowerheid (RA) het motoriste gemaan om versigtig op die verspoelde pad tussen Opuwo en Omakange te bestuur wat erg weens ‘n wolkbreuk beskadig is.

“Intussen verseker die RA toegang tot die pad en hanteer dit as ‘n dringende saak. Padtekens is opgerig om motoriste te waarsku en rigting aan te dui,” lui ‘n verklaring van die RA.

“Ons doen ‘n beroep op motoriste om padtekens te gehoorsaam en versigtig op die pad te bestuur.”

Die pad is vir sowat 330 meter lank aan die regterkant, sowat 10 km voor Opuwo vanaf Omakange in die Kunenestreek, beskadig.

Volgens die RA is die pad in 2005 gebou en “die RA het nog nooit sulke skade op die spesifieke pad ervaar nie”.

Die noordelike kontrakteur, Hillary and Quiver Tree, is deur die RA beopdrag om die pad weer toeganklik te maak.

Kommentaar

Republikein 2025-03-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer