RA stook rommeltrein
Fitch Ratings se woorde was skaars koud of die regering teken waarborg vir ‘n lening van N$500 miljoen aan die Padfondsadministrasie (RFA) sodat die Paaieowerheid (RA) agterstallige rekeninge vir bouprojekte kan betaal.
Dié internasionale kredietgradeerder het Donderdag sy rommelstatus vir die regering se skuld in buitelandse geldeenhede benadruk en die vooruitsig daarvan van stabiel na negatief verlaag. Fitch is onder meer bekommerd oor die regering se voortdurende pa-staan vir staatsondernemings (SOE’s) wat verliese ly se hoë skuld.
Die RA teem sy begroting is deur begrotingskonsolidering in die wiele gery. In sy halfjaar-begrotingshersiening in Oktober het die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, wél die vervoerdepartement se ontwikkelingsbegroting met bykans N$690 miljoen tot sowat N$1,5 miljard gesny. Net begrotingsprojekte wat nóg nie geïmplementeer is nie, is deur besnoeiings geraak, het hy toe gesê.
Teen die einde van September het die vervoerdepartement nog net werk van 23% van sy ontwikkelingsbegroting gemaak.
Belastingbetalers is moeg daarvoor om geld in die pap wiele van ondoeltreffende SOE’s te pomp.
Een van die redes vir die regering se kontantkrisis is juis SOE’s – soos die RA – wat in 2016 kontrakte van N$800 miljoen in totaal toegestaan het, waarvoor geensins begroot is nie.
Schlettwein het toe gesê sulke laksheid sal nie geduld word nie en die skuldiges sal aan die pen ry.
Namibiërs wag steeds in spanning om te hoor wat die gevolge van dié ongeoorloofde besteding was.
So sê ander
25 Februarie 2019
Beeld sê
Volgehoue aantygings dat Sasol aandadig is aan die besoedeling van die Vaalrivier verg dringende ingryping. Nie net van die owerhede nie, maar ook van die energiereus self.
Ná ’n aanvanklike vae rondtrappery het die energiereus se media-afdeling verlede week kategories ontken hy is betrokke by enige storting van gifstowwe.
Van ’n werklik verantwoordbare instelling, wat bekommerd is oor die rivier, soos hy verklaar, sou ’n mens meer verwag. Die organisasie se mees senior leierskorps moet so gou moontlik in die openbaar op die aantygings reageer, aandui of hulle ’n onafhanklike forensiese ondersoek sal laat begin en watter stappe intussen gedoen word. Ook of onafhanklike monitering by hul aanlegte toegelaat sal word.
Die stank van die rioolafval en gifstowwe in die Vaalrivier blyk nou aan die ANC en Emfuleni-owerheid te kleef. Die stembus, strafregtelike vervolging en siviele eise sal hopelik met hulle en enige skuldige fabrieke of aanlegte handel.
• BEELD (NETWERK24)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie