Raad kom om konstruksie uit as te lig
Die gebrek aan 'n liggaam om die boubedryf te reguleer, is een van die vernaamste uitdagings wat dié bedryf pootjie.
Denver Kisting
Die kabinet het die ministerie van werke en vervoer opdrag gegee om 'n nasionale konstruksieraad in die lewe te roep om die boubedryf te reguleer.
Dié liggaam sal volgens dr. George Simataa, die kabinetsekretaris, onder meer ten doel hê om die struikelblokke te pak wat plaaslike kleiner ondernemings uit die boubedryf hou.
Simataa sê die hoëvlakpaneel oor die ekonomie het uitgewys plaaslike boumaatskappye steier onder “beduidende uitdagings” omdat hulle met buitelandse maatskappye meeding.
Hy sê die paneel meen die boubedryf trap klei weens die gebrek aan 'n instelling om dit te reguleer.
Naas spesifieke problematiese bepalings in 'n omstrede voorgestelde wet het die uitgerekte beraadslagings daaroor die private sektor en voornemende beleggers agterdogtig gemaak.
Weens die uitdagings rondom die Nuwe Wetsontwerp vir Gelyke Ekonomiese Bemagtiging (NEEEF) het die hoëvlakpaneel oor die land se ekonomie op klarigheid aangedring.
Volgens Simataa het dit die kabinet genoop om die wetsontwerp se afhandeling te bespoedig.
Simataa het gister op die tweede dag van die Ekonomiese Groeiberaad gesê dit is waarom pres. Hage Geingob Woensdag die versekering gegee het die wetsontwerp sal binne die volgende ses maande voor die parlement dien.
Ofskoon die 25%-vereiste, waarvolgens voorheen benadeeldes 'n kwart van alle besighede sou moes besit, geld dié en ander bepalings steeds wanneer mense met die regering sake doen, het Simataa benadruk.
Volgens die kabinetsekretaris wou die hoëvlakpaneel ook antwoorde hê oor wie voorheen benadeeldes is.
Dié mense, sê hy, is mense wat voor 21 Maart 1990 vanweë hul ras deur apartheid en kolonialisme benadeel is.
NEEEF gaan net van toepassing wees op mense wat met die regering sake doen en die wat om lisensiëring van natuurlike hulpbronne aansoek doen, sê hy.
VeRkrygingsraad kry ook aandag
Die hoëvlakpaneel het omvattende veranderinge aan die wet op openbare verkryging aanbeveel.
Hulle meen dit is nodig om die rolle tussen die uitvoerende direkteur en die voorsitter te verdeel.
Die paneel beveel ook aan bie-dokumente word vereenvoudig om die verkrygingsproses te bespoedig en plaaslike besighede in staat te stel om deel te neem.
Simataa sê die kabinet stem in beginsel saam met die aanbevelings en het ingestem om die wet te hersien en die nodige wysigings aan te bring.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie