Raad met slange
Raad met slange

Raad met slange

Mandy Rittmann
DIE FACEBOOK-GROEP SNAKES OF NAMIBIA SKRYF:

In die somer sal slange opnuut in konflik kom met mense oral in Namibië.

Daar is geen doeltreffende afskrikmiddels vir slange nie, maar die volgende stappe bevorder veiligheid.

1) Hou die gras kort en maak skoon onder bosse om wegkruipplekke vir slange uit te skakel.

2) Verwyder rommelhope, boumateriaal en ander afval naby die huis.

3) Vermy klimopplante en digte heinings en bosse, veral teen huismure en by oop vensters.

4) Stoor voedsel in rotbestande houers en hou lewende hawe weg van die huis omdat slange op die diere jag maak.

5) Vermy komposhope, rotstuine en voëlhokke wat wegkruipplekke vir slange skep en 'n bron van voedsel is.

6) Maak alle plekke/gate dig waardeur slange kan seil. Gebruik byvoorbeeld skadumateriaal of ogiesdraad.



WAT OM TE DOEN WANNEER JY 'N SLANG TEËKOM

1) Moenie slange probeer vang of doodmaak nie – as jy naby genoeg is om dit dood te maak, is jy naby genoeg om gepik te word.

2) Bly kalm en stap stadig agteruit. Slange sal gewoonlik dadelik vlug.

3) Bel indien nodig 'n slangvanger om te kom help.



VOORKOMING VAN SLANGBYTE

1) Dra toe skone wat verkieslik die enkels bedek. 'n Sonbril bied beskerming teen spoegkobras.

2) Gebruik 'n flitslig wanneer jy snags buite is.

3) Kyk waar jy loop. Trap op klippe of boomstamme eerder as oor of langs dit.

4) Moenie met sononder of in die donker hout bymekaarmaak nie omdat die meeste slange gedurende die tyd rondbeweeg.

5) Wees versigtig wanneer jy 'n slang hanteer wat lyk of dit dood is. Sommige spesies gee voor of dit dood is as beskermingsmeganisme.

6) Moenie enige slang hanteer nie, maak nie saak hoe skadeloos hul voorkom nie.

7) Slaap hoër as grondvlak en gebruik 'n muskietnet om te verhoed dat 'n slang in jou bed in seil.



EERSTEHULP

1) Bly kalm. As jy iemand help wat deur 'n slang gepik is, hou ook omstanders kalm en stel die pasiënt gerus.

2) Spoel dadelik gif in die oë met water uit en was die gesig en ander dele wat aan gif blootgestel is.

3) Neem die pasiënt na 'n veilige plek. Probeer die slang identifiseer indien moontlik. Dit is egter nie noodsaaklik nie omdat ervare slangbytdokters 'n pasiënt volgens hul simptome sal behandel.

4) Beweeg die geaffekteerde liggaamsdeel so min as moontlik.

5) Verwyder stywe klere en juweliersware rondom die bytplek.

6) Indien bevestig dat dit 'n mamba, Kaapse kobra of Anchieta se kobra is, kan 'n aarafbinder of drukverband gebruik word.

7) Plaas die ledemaat hoër as die liggaam.

8) Pas mond-tot-mond of kunsmatige asemhaling toe as die pasiënt ophou asem haal.

9) Begin dadelik met eerstehulp as jy meer as 'n uur vanaf die naaste toegeruste hospitaal of kliniek is.



MOENIES

1) Moenie aan die wond vat of gif daaruit suig nie.

2) Moenie drukverbande gebruik nie (sien uitsondering onder Eerstehulp).

3) Moet nooit die pasiënt te enige tyd op hul rug laat lê nie sodat die lugweë oop kan bly. Laat hulle altyd op hul linkersy lê.

4) Monitor voortdurend die pasiënt se toestand, veral asemhaling en die lugweë, totdat julle die hospitaal of kliniek bereik.

5) Moenie die oë vryf of enige medikasie neem/toedien nie.

6) Moenie tradisionele medisyne soos kruie en onveilige eerstehulpmetodes gebruik nie.

Waarskuwing: Om 'n slang te probeer doodmaak, kan daartoe lei dat die slang iemand pik omdat die slang homself sal probeer verdedig.



SLANGVANGERS

Hou 'n oog op die slang terwyl u hulp ontbied.

Hou asseblief in gedagte dat hierdie persone werk deur die dag.

Moenie ander mense bel as 'n slangvanger reeds ontbied en op pad is nie. Wanneer die slangvanger opdaag, sal hulle self besluit of hulle bykomende hulp benodig.



Windhoek

Francois Theart 081 290 0343 (alle ure)

Eugene Peters 081 216 5057 (alle ure)

Brendon Barnard 081 219 4873 (na ure)

Felix Vallat 081 453 5855 (alle ure wanneer in Windhoek, verkieslik Avis, Klein Windhoek, Ludwigsdorf, Eros)

Hellene Schnabel 081 247 5110 (alle ure wanneer beskikbaar)

Marco Peters 081 657 7695 (na ure en wanneer in die stad, Elisenheim en Brakwater)

Leevi Nanyeni 081 248 2602 (na ure en naweke, Sondae slegs vanaf 13:00)

Frikkie du Toit 081 859 5051 (oor middagete en ná 17:00)

Harald Keil 081 262 9587 (Finkenstein en Kapps Farm)



Okahandja

Johan Pretorius 081 127 2832 (alle ure behalwe wanneer besig met konsultasies)



Otjiwarongo

Bennie Hollander 081 628 4527 (alle ure)

Ministerie van die omgewing en toerisme 067 302 639

Victorus Shitulenus 081 272 0384

Calvin 081 230 8524

Kolbooi 081 253 8303



Grootfontein en Tsumeb

De Wet Horn 081 034 3057 (net gedurende die dag afhangende van beskikbaarheid)



Otavi

Alex Singleton 081 394 0174 (wanneer beskikbaar)



Usakos/Karibib

Antoinette Heath 081 226 2715 (alle ure)



Rosh Pinah

Wesley Price 081 128 3307 (alle ure)



Katima Mulilo

Curt-Ingo Sagell 081 129 2811 (alle ure)

Rachelle Lambrechts 081 561 9040 (alle ure)



Swakopmund, Walvisbaai en Hentiesbaai

Simon McGowan 081 233 9242 (alle ure)

Fanie Lucas 081 383 3417 (Swakopmund – na ure)

Dayne Braine 081 152 2201 (Swakopmund en onmiddellike omgewing)



Rehoboth/Hardap

Mario Guterres 081 688 8846, 085 288 8846, 081 745 5090 (alle ure)



Toergidse

Vind uit of hulle dalk in jou omgewing is.

Stephan Sachse 081 276 7552 (Grootfontein)

Marc Davis 081 124 1929 (Otjiwarongo/Windhoek)



SLANGBYTE

Stuur 'n e-pos na [email protected] vir die aandag van dr. Christo Buys.

(Die inligting is op 3 September 2018 deur Snakes of Namibia geplaas en Republikein deel graag met vergunning 'n opgedateerde, Afrikaanse weergawe.)

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!