Raad met voer as droogte, geld knyp
’n Kenner met meer as twintig jaar se ervaring in die vee- en voerbedryf, sê in die droogte kan boere planne maak om voer met beskikbare grondstowwe op die plaas aan te vul. Dit sluit alles van gemaalde bos tot kameeldoringpeule in.
Mnr. Renier Burger het ’n B.Sc Agric-graad in veekunde (1991) aan die Universiteit Stellenbosch voltooi, waarna hy ’n lektor by Neudamm Lanboukollege was. Daarna word hy voorsieningsbestuurder by Meatco op Otavi en ook ’n adviseur vir boere oor die afronding en voeding van vee.
In 1995 begin hy ’n veevoeraanleg op Otavi wat veevoere vir boere in die Noorde geproduseer het Dit het ingesluit droëveld konsentraat (60% proteïen), winterlek (30% proteïen), somerlek (P6), droogtevoer, hondekos en vele ander pasgemaakte voermengsels. Boere het gereeld by Burger kom aanklop vir die formulering van spesiale afrondingsvoere wat beskikbare grondstowwe op hul plase insluit.
In 2000 begin hy by die ministerie van landbou, water en bosbou as navorser en later hoofvoorligtingsbeampte in die Oshana- en Oshikotostreek werk. Later word hy aangestel as registrateur van veevoere, waarna hy as hooflandbouvoorligter in die Erongostreek werk. In April 2013 verlaat hy die ministerie toe hy bevorder word na hoof van akwakultuur en varswater visbronne by die ministerie van visserye en mariene hulpbronne.
Bestuursprogram bepaal voeding
Burger sê alhoewel goeie gehalte veevoere plaaslik te koop is wat in al die behoeftes van vee kan voorsien, is produkte wat groot in aanvraag is soms uit voorraad of het boere eenvoudig nie geld om aanvullende voeding, volvoere, hooi of ruvoer te koop nie.
“Ondervinding het my geleer dat dit nie altyd moontlik is om wetenskaplik korrekte voedingstrategieë toe te pas nie omdat boere nie die geld daarvoor het nie.”
Volgens hom moet boere eerstens ’n behoorlike bestuursprogram in werking stel, want dit is die “padkaart” van die boerdery, wat weidingbestuur, kuddebestuur, voeding, gesondheidsbestuur en die onderhoud van infrastruktuur insluit. Dit bepaal wat die boer wanneer moet doen en watter aanvulling wanneer gevoer moet word.
Tydens Burger se werksaamhede by die ministerie van landbou, water en bosbou, het hy as landbouvoorligter ’n webtuiste (http://agrialert.blogspot.com/) geskep om boere met ’n bestuursprogram te help. Die webtuiste is steeds aktief en Burger sê boere kan dit gerus vir meer inligting oor veebestuur of voeding besoek.
“Die bestuursprogram maak ook voorsiening vir droogtes, wat ’n gegewe in Namibië is,” sê Burger.
Raad met min gras, min geld
Burger sê hoewel boere aanvullende voere by vervaardigers kan koop, is grondstowwe dikwels op plase beskikbaar wat as aanvulling gebruik kan word.
“Boere het dikwels nie die kennis om die grondstowwe in gebalanseerde voere of aanvullings saam te stel nie. Jy hoor dikwels van boere se resepte vir lekke, aanvullings en voere soos droogtevoer of afrondingsvoer, wat nie altyd gebalanseerd is nie,” sê Burger.
“Vervaardigers maak dikwels veevoer met hoë proteïen konsentrate wat boere met plaaslik beskikbare grondstowwe op die plaas kan meng. Dié konsentrate is gebalanseerd en bevat al die voedingstowwe soos minerale, spoorelemente en vitamine, wat vee benodig. Boere kan voedingkundiges kontak om te help met die formulering van voer.”
Droogtevoer, ’n ánder perd
“Droogtevoeding is ’n perd van ’n ander kleur. Voortdurende droogtes veroorsaak dat baie min of geen weiding op plase oor is. Beeste, skape en bokke is herkouers en benodig ruvoer wat insluit gras, hooi en kuilvoer om die mikro-organismes in hul spysverteringstelsel aan die gang te hou.
“Gras is boonop ’n skaars en ’n duur kommoditeit gedurende droogtes.”
Burger sê boere moet grasbale so gou as moontlik ná die reënseisoen koop, wanneer dit nog redelik goedkoop is.
“Kameeldoringboompeule is ook dikwels beskikbaar op plase. Maal die pitte goed as jy dit as aanvulling vir diere gee. Die pitte bevat baie looisuur en is onsmaaklik vir diere. Maak ook seker dat jy nie groen peule gebruik nie. Beperk die beweging van diere en sorg dat voldoende water en skaduwee beskikbaar is,” sê Burger.
Volgens hom is die oorlewingsbehoefte van ’n mediumraambees om en by 36 megajoule metaboliseerbare energie (MJME) per dag.
“Droogtevoeding kan óf in die vorm van ’n volvoer óf as energiekonsentraat (mielies, mielemeel, mieliekopmeel, hominy chop, of Voermeester se Enerfeed) asook ruvoer, apart gegee word.
“Baie boere verkies om hooi in beperkte hoeveelhede beskikbaar te stel en konsentraat apart te voer. Dit is egter belangrik om seker te maak gulsige, dominerende diere vreet nie te veel konsentraat nie, wat gevaarlike verteringstoornisse kan veroorsaak.”
Geen weiding?
Burger sê ’n boer wat geen weiding het nie, kan as oorlewingsrantsoen 1,5 kg Enerfeed, nommer twee mieliemeel of gemengde konsentraat en 3 kg tot 3,5 kg hooi per bees (medium raam) per dag voer.
“Neem kennis dat hierdie net vir oorlewing is en net 47% (5 kg) van die daaglikse voerinname (10,5kg of 3% van liggaamsmassa) van ’n 350 kg bees is.
“Grootraambeeste asook dragtige en lakterende koeie se behoefte gaan groter wees. Aparte proteïen- en minerale lekaanvullings sal ook nodig wees.
“Desperate boere in die noorde van Namibië het begin om bos te maal en dit as ’n ruvoeraanvulling vir beeste te gebruik. Boere moet egter versigtig wees om te veel gemaalde bos vir herkouers te voer, want die vesels is baie moeilik verteerbaar.
“Gemaalde bos het ’n baie hoë suurbestande veselinhoud. Ek sou boere aanraai om nie meer as 5% bos in ’n voer in te sluit nie. Die swarthaakdorinkies wat nie fyngemaal is nie, irriteer en veroorsaak ontsteking van die spysverteringstelsel,” sê Burger.
“Lekke wat help met vertering van bos is ook kommersieel beskikbaar.”
Burger sê boere moet onthou as hulle self voer meng, moet hulle genoeg voorraad van die verskeie grondstowwe (ureum, dikalsuim fosfaat, sout, swawel en graan) aankoop.
“Dit verhoog egter die aanvanklike koste van selfmeng-voere. Hamermeul- en mengkostes moet ook in ag geneem word.”
Winterplanne
“Gedurende die winter moet die tekort aan proteïene van die droë veld met ’n proteïen minerale lek (winterlek) aangevul word. Baie boere koop ’n droëveld konsentraat en meng dit met sout en ander grondstowwe, soos deur die vervaardiger vir produksie of gewone winterlekdoeleindes aangedui is. “Daar is baie ander lekke in die mark beskikbaar wat spesifieke diere se behoeftes aanvul. Boere moet onthou dat meeste droëveld lekaanvullings proteïen in die vorm van nie-proteïen stikstof (NPN) bevat. Ureum is gewoonlik die NPN-bron en die lekke moet dus streng volgens voorskrif gegee word. Boere wat self lekke meng, moet seker maak dat die regte hoeveelheid ureum ingesluit word,” sê Burger.
“Groot sorg moet getref word dat winterlek wat ureum bevat, verwyder of bedek word as die eerste reëns begin val. Ureum, opgelos in water, kan ureumvergiftiging veroorsaak. Staak die voer van winterlek as die veld groen word.”
Burger sê boere in die Noorde wat droëland-gewasse produseer, het gewoonlik oesreste in die vorm van grondboontjiehooi en mieliereste, wat in droogtevoer ingesluit kan word. Dit kan ook as ekstra ruvoer saam met ’n droëveld- of winterlek vir vee gevoer word.
Burger sê boere kan in grootmaat energie aanvullende grondstowwe soos melassestroop of mieliesemels uit buurlande soos Zambië invoer.
“Melassestroop kan met ruvoer gemeng word (5% tot 20% melasse) om energie-inname te verhoog.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie