Raad sê nee vir ivermektien
In Suid-Afrika en elders het talle dokters en drukgroepe reeds verskeie regsgedinge van stapel gestuur om die middel goedgekeur te kry.
Jana-Mari Smith – 'n Stokkie is gesteek voor die plaaslike produksie van die teenparasitiese middel ivermektien wat die laaste weke deur baie Namibiërs voorkomende en vir die behandeling van Covid-19 gebruik is.
Dit volg ná ‘n kennisgewing wat stipuleer dat die medisyne nie goedgekeur is vir menslike gebruik in Namibië nie en veral nie vir die behandeling van Covid-19 nie.
Ivermektien, veeartsenymiddel, word reeds sedert die 1980’s ook gebruik om kopluise, skurfsiekte en ernstige tropiese siektes onder mense te behandel.
In Namibië het voorskrifte hiervoor die afgelope maande skerp toegeneem en ‘n samestelling daarvan is deur plaaslike aptekers gemaak.
Ivermektien geniet tans internasionale aandag ná belowende bewyse van dié middel se vermoë om die oorlewingsyfer van Covid-19-pasiënte te verbeter, mense te help om vinniger van die virus ontslae te raak en te herstel.
Wêreldwyd huiwer medisynebeheerrade en internasionale gesondheidsorganisasies egter om die groen lig te gee dat dié medisyne as ‘n behandeling vir Covid-19 gebruik mag word. Dit, glo oor ‘n gebrek aan volledige data van die middel se veiligheid en doeltreffendheid.
Die Namibiese Medisynebeheerraad (NMRC) het vandeesweek ook op die meer versigtiger benadering besluit.
“Daar kan nie, uit die data wat tans beskikbaar is, tot enige duidelike gevolgtrekking kom oor die kliniese doeltreffendheid en veiligheid daarvan om ivermektien vir die behandeling van Covid-19 te gebruik nie,” word in ‘n openbare kennisgewing, wat die afgelope Maandag uitgereik is, gesê.
Die NMRC het gesê die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) en ander wêreldwye owerhede, van wie Namibië leiding aanvaar vir behandeling en protokol, het die middel nog nie onderskryf nie.
Mnr. Johannes #Gaeseb, NMRC se registrateur, het Dinsdag gesê die raad het nog nie plaaslik enige aansoeke vir die invoer van die middel vir menslike gebruik ontvang nie.
Die NMRC het die publiek daarteen gewaarsku om die diereweergawe van die medisyne te gebruik nadat mense hulle glo gehaas het om dit van Swavet, ‘n groothandelaar in veeartsenymedisyne in Windhoek, te koop.
‘n Apteker wat anoniem wou bly, het bevestig dat voorskrifte vir die middel oor die afgelope maand drasties toegeneem het, maar dat die NMRC se kennisgewing vir nou ‘n stokkie voor die maak en gevolglik die beskikbaarheid daarvan gesteek het.
Sy het bygevoeg sommige dokters het dit nie net as voorkomende behandeling gebruik nie, maar ook gesê daar is duidelike bewyse dat die behandeling pasiënte help om vinniger te herstel en minder ernstige simptome te toon.
FYN DOGPGEHOU
Mnr. Eben de Klerk, ‘n NMRC-raadslid, het vandeesweek gesê die middel is nie in Namibië vir menslike gebruik goedgekeur nie, alhoewel dit oor die jare sporadies voorgeskryf is.
Hy het beklemtoon dat die NMRC internasionale verwikkelinge fyn dophou en die publiek, asook gesondheidsorgwerkers op hoogte van sake hou soos meer betroubare bewyse na vore tree.
Hy benadruk die raad kan dokters verbied om dit voor te skryf en ook aptekers om dit te maak.
“Die NMRC is die gesaghebbende liggaam wat alle medisyne vir menslike en dieregebruik, asook alle toestelle reguleer. Dit is ons plig om die studies te monitor en seker te maak dit is veilig vir beide mens en dier.”
De Klerk het bygevoeg dat aansoeke vir die eksperimentele gebruik van die middel waarskynlik in die wiele gery sal word deur die huidige gebrek aan data oor die veilige gebruik daarvan in mense teen Covid-19.
GROEIENDE DRUK
Voorlopige resultate in ‘n meta-analise studie wat vandeesmaand gepubliseer is en gelei is deur Engeland se dr. Andrew Hill, het bevind die gebruik van ivermektien – as ‘n behandeling – ‘n 75% verbetering in oorlewing meebring en ook ander voordele inhou.
Tog sluit dr. Hill se navorsingswerk ‘n waarskuwing in dat ten spyte van ‘n belowende tendens wat in hierdie bestaande databasis demonstreer word, dit nog nie voldoende bewyse is om die gebruik of regulatoriese goedkeuring van ivermektien te regverdig nie.
Pryse vir ivermektien, wat gewoonlik ‘n goedkoop middel is, het oraloor die wêreld in die afgelope weke die hoogte ingeskiet nadat talle hul hoop daarop begin plaas het.
Alhoewel daar oor die algemeen saamgestem word meer indieptestudies oor die middel is nodig, meen baie dat ‘n dodelike gesondheidskrisis die onmiddellike goedkeuring van die middel teen Covid-19 regverdig.
Dr. Nathi Mdladla, ‘n medeprofessor en hoof van die intensiewesorgeenheid by die Dr. George Mukhari Akademiese Hospitaal in Suid-Afrika het onlangs die vraag gevra: “Wat sal ons regverdiging wees as ivermektien eindelik as doeltreffend bewys word, terwyl die bewyse lankal reeds daar is. Sal die wag vir grootskaalse, beheerde studies (RCT’s) regverdigbaar wees teenoor die duisende families wat hul geliefdes verloor het?”
Hy het vandeesmaand vir die Daily Maverick geskryf, waarin hy sê die middel is reeds vier dekades lank in gebruik en bykans 3,5 miljoen keer gedosseer, met onbeduidende newe-effekte.
Hy meen as die onderskeie uitdagings in gedagte gehou word, veral in lande soos Suid-Afrika wat nie genoeg hulpbronne het nie, kan ivermektien duisende lewens red – al sou dit net 50% doeltreffend wees.
Hy het ‘n beroep op owerhede gedoen – veral in lande waar die verspreiding van inentings maande en selfs langer sal neem, “gee die goedkoop en doeltreffende middel ‘n kans”.
In Suid-Afrika en elders het talle dokters en drukgroepe reeds verskeie regsgedinge begin om die middel goedgekeur te kry, terwyl verskeie aanlyn versoekskrifte van stapel gestuur is sodat regerings die middel die groen lig moet gee. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie