Raad vir jong ondernemers
‘n Gids oor volhoubare ontwikkeling vir jong ondernemers in Namibië verskyn vandag in Namibia Media Holdings (NMH) se dagblaaie en is gister amptelik bekend gestel.
Die publikasie fokus op entrepreneurskap en bestaande programme en inisiatiewe wat jong besigheidslui ondersteun. ‘n Belangrike mikpunt is om sodoende lewensvatbare ekonomiese groei en volhoubare werkskepping vir die jeug te bevorder.
Die publisering van Moving Namibia’s Youth Forward is moontlik gemaak deur die Hanns Seidel-stigting, Namibia Development Trust (NDT), Europese Unie en FNB Namibia.
Volgens die plaaslike direkteur van die Hanns Seidel-stigting, dr. Clemens von Doderer, het ‘n onlangse konferensie oor volhoubare ekonomiese ontwikkeling ‘n aantal uitdagings vir jong entrepreneurs geïdentifiseer, byvoorbeeld gebrekkige toegang tot finansiering, asook die behoefte aan ondersteuningsprogramme en vaardigheidsontwikkeling. Die verskyning van hierdie publikasie is volgens Von Doderer dus baie tydig.
“Dit is die regte tyd om dit te lees, veral wanneer die meeste jong mense met vakansie is. Hulle kan ook as entrepreneurs hul families ondersteuning,” het hy gesê.
“Die ontwikkeling van die jeug is van kardinale belang en hulle het ondersteuning nodig met idees,” het Von Dodeder gesê.
Me. Rivonia Kahivere, strategiese bemarkingshoof by FNB Namibia, beskou inligting in die publikasie as ‘n belangrike hulpmiddel vir jong ondernemers. Sy het Moving Namibia’s Youth Forward as ‘n aansporingsmiddel en bron van inspirasie beskryf.
Sowat 45 000 van dié boekies is deur Newsprint Namibia gedruk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie