Raad wil Khomas verbeter

Augetto Graig
Augetto Graig – Goedkeuring vir die besteding van bykans N$4 miljoen op klein kapitaalprojekte in die hoofstad is verleen toe die Khomas-streekraad Vrydag vir die eerste keer vanjaar vergader het.

Hiervan is N$400 000 opsy gesit vir opgradering van die akwaponika-projek by die Dagbreek Skool vir verstandelik gestremde kinders.

Vir WiFi-internetkoppeling en vyf nuwe rekenaars vir die Katutura-gemeenskapsbiblioteek is N$150 000 toegeken, terwyl N$500 000 begroot word vir toerusting vir A. Shipena Sekondêre Skool se wetenskaplaboratorium.

Die streekraad stel N$1 miljoen beskikbaar vir die opknapping van die Hakahana-kliniek.

Dié begroting ressorteer onder die Klein Kapitaalprojekte-program waardeur die streekraad lewenstandaarde vir die streek se inwoners wil verbeter. Finansiering vir projekte word volgens beleid toegeken en alle kiesafdelings word aangeraai om voorstelle na die raad te bring.

Komitees vir gemeenskapsontwikkeling moet insette lewer oor projekvoorstelle wat tussen N$100 000 en N$1 miljoen moet wees.

Die raad het ook goedkeuring gegee vir die ondersteuning van kwesbare kinders om terug skool toe te kan gaan, deur die voorsiening van skryfbehoeftes, skooltasse, -drag en -skoene.

Die streekraad het ingestem dat voorsiening gemaak word om kwesbare inwoners sonder blyplek gedurende die winterseisoen teen die koue te beskerm.

Volgens die raad se woordvoerder, me. Mekeloye Nambili, is N$500 000 vir elk van die twee projekte begroot. By dieselfde geleentheid het die Khomas-streekgoewerneur, me. Laura McLeod-Katjirua, gesê inwoners moet teen Covid-19 ingeënt word. Sy het die raad en die Windhoek-stadsraad geprys vir hul gesamentlike reaksie op brande laat verlede jaar, asook vloede vroeg vanjaar.

“Ek is bly dat ons streek se ramprisiko-bestuurskomitee amptelik aangestel en in die Staatskoerant bevestig is,” sê sy gesê en moedig kiesafdelings aan om te verseker hul eie komitees kom vinnig op die been.

Ander dringende kwessies wat sy uitgelig het, sluit in die plasing van leerlinge in Khomas-skole. Sy neem kennis van die tekort aan onderwysers en klaskamers. Rekords dui daarop dat 240 graad 1- en 366 graad 8-leerlinge in Khomas nog nie plek gekry het nie. Verder is die instroming van inwoners vanaf ander dele van die land ’n las op Khomas se beperkte hulpbronne terwyl rommelstrooiing nóg ’n kommerwekkende kwessie is, sê sy.

Die raadsvoorsitter, mnr. Shaalukeni John Moonde, het gesê die raad het sedert die aanstelling van huidige raadslede laas jaar dit reggekry om boorgate ter waarde van N$1,7 miljoen te boor en te installeer en bestee tans nóg N$1,8 miljoen op die boorgatprojek in die Khomas landelike kiesafdeling.

Hy sê die streekraad het ook 84 mobiele toilette in die kiesafdeling opgerig, ter waarde van N$1,2 miljoen, en gaan voort om nog 74 teen N$1,3 miljoen te bou. Hy noem dat meer as 80 begunstigdes gebaat het uit N$1,5 miljoen wat beskikbaar gestel is vir toerusting en materiaal vir klein ondernemings.

Verder het die raad die toekenning van N$20 000 aan Never Give Up Butchery in Groot-Aub, N$19 000 aan !Gan-!Gan Poultry by Aro-Vlei Kamp 7, en bykans N$38 000 vir Prime Paradise Mixed Farming and Training in !Horoxas goedgekeur, sê hy.

Moonde sê 48 klaskamers is by verskeie skole vir N$14,9 miljoen laat bou en agt kleuterskoolklaskamers vir N$1,8 miljoen, terwyl nagenoeg N$100 miljoen vir die voltooiing van bouwerk aan die Havana Projek Sekondêre Skool en die Dr. Abraham Iyambo Primêre Skool geoormerk is.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford #REF! Currency: GBP to NAD 23.12 | EUR to NAD 19.29 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.3 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.83 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.15 | USD to EGP 48.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.32 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14269.55 Up +0.16% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30871.1 Down -0.49% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 649.98/OZ UP +0.90% | Copper US$ 4.46/lb UP +3.21% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 4.33% | Brent Crude Oil US$ 75.00/BBP UP +0.83% | Platinum US$ 981.63/OZ UP +2.46% #REF!