Raadslede aangeval, beroof
Denver Kisting
Ses mans is steeds op vrye voet nadat hulle laat verlede week twee Namibiese streeksraadslede en 'n Botswana-toeris glo gewelddadig aangeval en beroof het.
Komm. Silvanus Nghishidimbwa, polisiebevelvoerder in die Khomasstreek, het die voorval gister bevestig.
Volgens hom het die mans Donderdag tydens die vroeë oggendure op 'n gastehuis in Akasiapark toegeslaan.
Konst. Edmund Khoaseb, 'n woordvoerder verbonde aan die stadspolisie, sê hul rekords dui aan die mans was met pangas en vuurwapens gewapen.
Nghishidimbwa het gister gesê die verdagtes het 'n Duitse spogmotor, 'n skootrekenaar en drie selfone gebuit.
Daarnaas het hulle R2 200 en 3 800 pula en verskeie kledingstukke gesteel voordat hulle met die Mercedes-Benz op die vlug geslaan het.
Teen die tyd wat die stadspolisie op die toneel aangekom het, was twee van die slagoffers wat tydens die rooftog aangeval is, reeds na 'n private hospitaal in die stad geneem.
Daar word verneem die vermeende boewe het glo gewelddadig geraak nadat van die slagoffers weerstand gebied het.
Nghishidimbwa sê die voertuig – saam met 'n paar T-hemde “en 'n bietjie geld” daarin – is later die dag verlate in Havana in die buitewyke van die hoofstad gevind.
Een van die gesteelde selfone is op dieselfde dag in dieselfde woonbuurt opgespoor.
Teen gistermiddag is geen verdagte nog weens die roof met verswarende omstandighde in hegtenis geneem nie, het Nghishidimbwa gesê. “Die polisieondersoek duur voort.”
Al wat Nghishidimbwa in dié stadium oor die identiteit van die Namibiese slagoffers wou onthul, was dat hulle van Kavango-Wes afkomstig is.
Intussen het Khoaseb gister gesê vier mans is die afgelope naweek in Katutura aangekeer nadat hulle taxinommers wou steel wat vermoedelik tydens misdaadbedrywighede gebruik sou word voordat dié planne gefnuik is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie