Raadslid kuier by Schanzen Oord
Raadslid kuier by Schanzen Oord

Raadslid kuier by Schanzen Oord

Maria Eiseb
Maria Eiseb - Inwoners van Schanzen Oord in Windhoek het vir die eerste keer in 14 jaar besoek gehad van ’n raadslid van die kiesafdeling waarin die oord val.

Me. Nangula Joyce Namuhuja van die Windhoek-Oos-kiesafdeling is tydens haar besoek gul deur inwoners ontvang. Hulle was dit eens dit is lekker om iemand te ontmoet en mee te gesels, eerder as om net die persoon se foto in die koerant te sien. Namuhuja het beloof dis die begin van vele besoeke.

“Dit was heerlik, mense moet dikwels kom vir ’n lekker kuier saam met ons,” het ’n inwoner gesê.

Volgens me. Lien Oosthuizen, lid van die oord se sosiale komitee, betaal inwoners hul rekeninge, maar “ken” nie regtig die persone betrokke nie.

Die oord se oudste inwoner, me. Pottie Neethling (97), het ook saam gekuier. Sy is in die Oos-Kaap gebore en het in 1957 na Namibië verhuis. Sy was vir 23 jaar ’n onderwyseres by Windhoek Hoër­skool en woon die afgelope 14 jaar in Schanzen Oord. Volgens Oosthuizen is tannie Pottie die een wat die ander inwoners help om hul pille te drink. Sy ry ook self winkel toe om haar inkopies te doen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!