Raadslid Zungu van Na+aJaqna veg terug

Die senior raadslid van die !Kung tradisionele owerheid sê San-groepe praat vir hulself.
Francoise Steynberg
Catherine Sasman



''n Senior raadslid van die !Kung tradisionele owerheid, me. Sarah Zungu, het ­terug­­g­e­­­­kap teen aantygings dat sy San-­gemeenskappe in die Na+aJaqna-bewaringsgebied teen die owerheid se leierskap opsweep.

Die hoof van die !Kung-owerheid, me. Glony Arnold, het Zungu daarvan beskuldig dat sy veral die gemeen­skap van Omatako in die voormalige Tsumkwe-wes gebied teen haar leier­skap aanhits.

Hierdie aantygings van Arnold kom nadat verskeie gemeenskappe in die kommunale gebied haar en ander leiers van die owerheid beskuldig het dat hulle onbeheerde en onwettige besettings en omheinings van groot stukke grond goedkeur.

Arnold het daarna ten velde getrek teen veral die Omatako-gemeenskap, wat sy as die “Xhurus van Angola” wat terug daarnatoe moet gaan, toegesnou het. Sy het ook vir Zungu bygedam en gesê sy moet met die “Xhurus” na Angola gaan waar sy as hul leier verkies kan word.

Arnold het ook die Na+aJaqna-bewaringsgebied, waarvan Zungu ''n voormalige voorsitter is, beskuldig van wanbestuur en geldverduistering en dat dit geen samewerking met die bewoners van die omgewing bevorder nie.

Hoewel Zungu nie haarself wou uitspreek oor die grondbesettings nie, het sy al die ander aantygings ontken.

Zungu, wat sedert 1993 ''n senior raadslid van die !Kung-owerheid is, het ontken dat sy enige ambisie het om die hoof van dié owerheid te wees. Sy het wel gesê dat die !Kung-gemeenskap sedert 2012 feitlik leier­loos is.

“As die grootkop [Arnold] só die nasie verdeel, sal dit baie moeilik wees om mense te verenig,” het Zungu gesê.

Sy het bygevoeg dat die Omatako-­gemeenskap “self gepraat het” oor die onwettige besettings en omheining en het bygevoeg: “Waar pas ek in? Die gemeenskap is nie klein kinders nie; hulle is ''n gemeenskap onder die tradisionele owerheid.”

Zungu het ook gesê dit is onverantwoordelik van Arnold om die Omatako-­gemeenskap na Angola toe te wil verjaag.

“Hulle [die Omatako-gemeenskap] het nie gister hier aangekom nie. Hulle het lankal ingekom,” het sy gesê.

Volgens prof. Robert Hitchcock is baie van die San-gemeenskappe, en veral die gemeenskap in Omatako, !Xun en Khwe San, voormalige SWAGM/Koevoet-soldate en hul families wat deur die voormalige Suid-Afrikaanse bewind in die Tsumkwe-wes omgewing in die 1970''s daar hervestig is.

Die voormalige Suidwes-Afrikaanse­ regering het van hulle ook in die 1980''s daar hervestig; dié hervestiging het voortgegaan onder die nuwe Namibiese regering tydens die vroeë 1990''s.

Oor beskuldigings van wanbestuur en geldverduistering het Zungu gesê die Na+aJaqna-bewaringsgebied se geldsake word ingevolge ''n voordele-­verspreidingsplan bestuur en dat enig­iemand die kantoor kan besoek om die boeke te bestudeer.



REGERING GEVRA OM IN TE GRYP

Mnr. Giel Boshoff, wat sedert die vroeë 1970''s in die omgewing van Tsumkwe-wes gewoon het, is in 2011 deur die voormalige !Kung-kaptein, mnr. John Arnold, toestemming en grond gegee om in die omgewing te boer.

Boshoff sê sedert die toenemende vlaag van onwettige besettings is ses mense reeds op sy grond deur die tradisionele owerheid gevestig.

Hy het bygevoeg dat die nuwe grondbesettings ''n groot bron van kommer vir die inwoner-bevolking geword het.

“Die feit dat dit vir my lyk asof daar ''n uitwissing is wat op die San afgedruk word, dink ek die wêreld behoort ook bekommerd daaroor te wees,” het Boshoff gesê.

Boshoff het voorgestel dat die regering ''n onafhanklike kommissie moet instel om elke grondtransaksie en omheinings in die Na+aJaqna-bewaringsgebied te ondersoek.

Hy het ook kommer uitgespreek oor die feit dat die Namibiese polisie en die kantoor van bosbou in die bewaringsgebied nie optree as klagte van onwettige besettings, omheinings of die afkap van bewaarde bome by dié kantore aangemeld word nie.

Boshoff is ''n voorstander vir die skep van kleinskaalse hervestigingsplase in die bewaringsgebied, soos voorgestel deur die Namibiese regering in 2006.

“Ek weet die Na+aJaqna-be­waringskantoor en ander faksies is daarteen gekant, maar ek sou sê vir die behoud van die San se grond moet daardie plase uitgegee word op voorwaarde dat dit net aan die San gaan. Dan is hulle in beheer van hul eie grond en eie lewens en dit gaan die nodige selftrots gee met eienaar­skap van grond en vir hulle voorspoed bring,” het Boshoff gesê.

Hy het bygevoeg dat die instroming van ander Namibiërs in die kommunale gebied die vooruitsig van San-eienaarskap van die grond beperk.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!