Raai-raai Riepa Renoster

Tanja Bause
Tanja Bause - Die Franse beeldhouer, mnr. Gé Pellini, het begin om 'n renoster uit 'n stuk marmer van nege ton afkomstig uit Karibib te kerf. Pellini word in sy werk deur mnr. Ngavee Kambezunba, ’n beeldhoustudent van die Kollege vir die Kunste bygestaan.

“Dit is vir my so ’n wonderlike geleentheid en ek leer baie by Gé. Hy hou daarvan om goed wat hy deur jarelange ondervinding geleer het, met my te deel. Ek is baie gelukkig om so ’n geleentheid te kry,” het Kambezunda opgewonde gesê.

Volgens Pellini gaan hy teen 24 Augustus met die beelhoudwerk van die renoster klaar wees. Dit sal dan op 31. Augustus tydens ’n dinee opgeveil word wat deur die Namibiese Professionele Jagtersvereniging (Napha) aangebied word. Geld wat ingesamel word, sal gebruik word om die renoster te beskerm.

Wêreldwyd word 25 van Pellini se beelde uitgestal. Die grootste en swaarste is die ‘French kiss’ wat uit ’n blok van 50 ton gekerf is en in China se grootste beeldhoupark staan.

“Mense is welkom om by die Franco-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) ’n draai te kom maak, vir my en Ngavee in aksie te sien en om te sien hoe die beeld ontwikkel,” het Pellini gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!