Raaisel teister Dorado-tragedie
Teen gistermiddag was daar meer vrae as antwoorde ná 'n moord en selfdood in Windhoek die hoofstad geruk het.
Denver Kisting
Toe mnr. Diedrich (Didos) Keib (48) Maandagaand op Menseregtedag sy jare lange minnares, me. Monalisa Xoagus (27), verskeie kere met 'n pistool geskiet het, het hulle dieselfde gholfhemde gedra.
Dié was twee swart hemde met die embleem van hul gesamentlike onderneming, Diedrich Airport Transfer & Tour CC, op elkeen se linkerbors.
Eergister – die dag van die voorval – was ook die laaste dag van die 16 dae van aktivisme teen geslagsgegronde geweld.
Elf leë patroondoppies is op die toneel gevind – oënskynlik uit Keib se 9 mm-wapen afgevuur.
Xoagus het in 'n koeëlreën op die toneel gesterf.
Republikein verneem die lykskouing het gister onthul sy is nege keer getref.
'n Stadspolisiebron sê Keib het nog 'n magasyn vol ongebruikte koeëls gehad toe hy homself met een skoot om die lewe gebring het.
Paramedici het hom ook op die toneel dood verklaar.
Die voorval het kort ná 21:00 in Craterstraat in Doradopark, 'n woonbuurt in Windhoek, plaasgevind.
Keib se nefie, mnr. Johnly Keib, het gistermiddag ontken dat die paartjie se liefdesverhouding op die rotse beland het.
Hy sê hulle woon al langer as ses jaar in dié huurhuis in Doradopark.
Hoewel die paartjie geen kinders saam gehad het nie, het hulle twee honde gehad.
Keib het vier kinders gehad – twee minderjariges en twee volwassenes, het Johnly gesê.
Hy word ook deur twee kleinkinders oorleef.
Die paartjie se twee brakke het gister tydens Republikein se besoek buite die erf gelê.
'n Gebreekte geel polisielint het buite die erf se muur gelê.
Op die erf in die oprit voor die motorhuis het 'n stel gebruikte handskoene, gebreekte bottelglas en twee plakkies gelê.
Die huis was gesluit en verlate en 'n somber stilte het oor die werf gehang.
Hoofinsp. Kauna Shikwambi, 'n polisiewoordvoerder, het gistermiddag gesê die amptelike inligting is dat Xoagus die verhouding onlangs beëindig het.
Shikwambi sê Keib kon dít blykbaar nie aanvaar nie.
Sy sê hy kon vermoedelik nie sy woede hieroor beteuel nie “en dit het moontlik tot die noodlottige skietvoorval gelei”.
Geen selfdoodnota is teen gistermiddag gevind nie.
'n Ander familielid, me. Jaunita Keis, hou vol alles was op die oog af pluis met die paartjie. Sy sê hulle was ewe verbaas toe hulle van die tragedie verneem. Volgens haar het hulle gehoor daar het vroegaand 'n gas by die paartjie gekuier.
Die voorval moes plaasgevind het toe hulle teruggekeer het ná hulle dié persoon halfpad geloop het.
'Nie saam begrawe'
Keis sê die paartjie sal nie saam begrawe word nie. Keib sal op sy tuisdorp, Usakos, begrawe word, terwyl Xoagus na verwagting op haar tuisdorp, Otjimbingwe, ter ruste gelê sal word, sê Keis.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie