Raak liries oor 'Suidwes'
Raak liries oor 'Suidwes'

Raak liries oor 'Suidwes'

Jezelle gaan beslis haar bekende liedjie oor die land kom sing.
Otis Finck
Die vyftiental Suid-Afrikaanse ­musikante wat die verhoog gaan deel by hierdie jaar se Hentiesfees, sluit onder andere die sangeres Jezelle, bekend vir haar liedjie “Suidwes”, in.

Die treffer het gesorg dat sy die oog vang, in die harte van duisende aanhangers kruip en deesdae met 'n vol program spog.

Ná jare in die musiekbedryf het Jezelle haar eerste Afrikaanse album geskryf en opgeneem. Al die liedjies het uit haar eie pen gevloei.

Haar eerste Afrikaanse liedjie, getiteld “Vir ons mense”, is as enkelsnit vrygestel. Die liedjie handel oor haar liefde vir Afrikaans en was binne die bestek van 'n week die mees populêre een op die digitale platform Liedjie App.

Kort daarna neem sy haar tweede Afrikaanse enkelsnit getiteld “Suidwes” op.

Sy was in die woestyn by Walvisbaai besig om die musiekvideo te skiet toe iemand laat weet het 'n onvoltooide weergawe van die video is uitgelek en het soos 'n veldbrand versprei.

Die video is binne enkele dae meer as 100 000 keer gekyk.

Dit vertel van haar liefde vir ­Namibië, waar sy grootgeword het.

In “Suidwes” sing sy oor die legendariese Sarah de Jager, bekende Namibiese landmerke soos Vierkantklip en Bennie se Rooi Lorrie, asook die gemsbokke en wilde perde wat in die duine van die Namibwoestyn wei.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!