Raak verskuiwing slange se oorlewingsvermoë?
’n Slangkenner sê dis belangrik om slange te verstaan omdat hulle ‘n noodsaaklike skakel in ‘n gesonde ekostelsel vorm en help om sekere peste en siektes onder beheer te hou.
Elvira Hattingh - Namibiese slangkenners is tans besig met ’n plaaslike navorsingsprojek om vas te stel hoe die verskuiwing van zebraslange hul lewensduur beïnvloed, asook om meer oor hul ekologie te leer.
Dit kom ná mnr. Francois Theart, ‘n plaaslike navorser en slangvanger, verlede Saterdag (4 April) ‘n enorme zebraslang by Klein Aub gevang het; wat hy hoop groot genoeg sal wees om in dié navorsingsprojek te gebruik.
Hy moes die slang om die doeleindes Maandag gaan meet.
“Daar is tot dusver min navorsing hieroor gedoen. Ons wil met die projek eerstens probeer vasstel hoe ver en wanneer slange beweeg en wat gebeur wanneer hulle gevang en verskuif word,” het hy Maandag gesê.
Theart sê navorsing wat reeds in verband hiermee op ratelslange gedoen is, wek die idee dat slange wat verskuif word, dalk vinniger vrek.
“Die inligting in bestaande studies is egter te min om werklik betroubare antwoorde te bied, terwyl resultate na verwagting verskillend onder verskillende slangspesies sal lyk,” het hy gesê.
Hy sê vir hul studie hoop hulle om 20 slange met globale posisioneringstelsels (GPS’s) binne ‘n gegewe gebied toe te rus, asook ‘n verdere 20 slange wat verskuif word.
“Dit sal help om data tussen slange wat nie uit hul gebied verskuif is nie en dié wat wel is, te vergelyk,” verduidelik Theart.
Hy sê egter een van die probleme is die toestelle is duur en kan tot N$4 000 elk kos, en boonop moet die slange van ‘n sekere grootte wees omdat so ‘n toestel nie meer as 5% van sy liggaamsmassa mag wees nie. Verder moet daar seker gemaak word die toestel se diameter is nie te groot nie, al is dit lig genoeg vir die slang.
Theart voeg by mense moenie dink hulle laat slange op enige plek vry nie. Hy sê daar word volgens ‘n streng permitstelsel gewerk en hulle moet toestemming van ‘n plaaseienaar daarvoor kry.
BELANGRIK
“Die feit is, mense hou nie van slange nie. Ons moet egter besef slange is ‘n teken van ‘n gesonde ekostelsel. Hulle is soos ‘n kaart in ‘n ekostelsel-kaarthuis – sou hulle nie bestaan nie – sal die hele ekostelsel in duie stort.
“Slange is ook ‘n belangrike prooi vir talle diere. Hulle hou peste en plae soos rotgetalle in toom en help siektes beheer wat dié peste kan dra. Slanggif word ook dekades lank in medikasie soos hoëbloeddrukmedisyne gebruik,” sê Theart.
Theart sê die slang wat hy die meeste gevra word om te verwyder, is pofaddders of zebraslange. Hy sê die grootste zebraslang wat hy al teëgekom het, is 193 cm – en dié het hy dood in die Karibib-omgewing gevind.
Theart glo egter die droogte het sy tol op slanggetalle geëis omdat hy ‘n definitiewe afname in die aantal slange wat hulle moes verwyder asook in slangbyte sien.
Hy meen dit is aangesien slange se prooi minder geraak en sommige gevrek het, maar ook dat slange minder eiers gelê het en hul voortplantingsyfer dus laer was.
“Ons het gemiddeld tydens ‘n seisoen, wat oor ses maande gereken word, tussen 200 en 250 slange verwyder. Die afgelope seisoen het ons nog net 100 slange verwyder. Die seisoen is egter nog nie verby nie.”
Hy sê ook slange beweeg waarskynlik tans meer rond omdat hulle kos soek om ‘n bietjie bykomende gewig vir die winter te kan stoor. “Ons winters is nie koud genoeg dat slange ten volle hiberneer. Hulle raak net effe minder aktief en sal byvoorbeeld nog steeds uit ‘n gat kom om in die son te gaan lê,” het hy gesê.
NAVORSING
Theart sê tussen 2015 en 2018 is ‘n studie oor mens-slang konflik van stapel gestuur waartydens 509 slange in die Windhoek-omgewing gevang is.
Theart het reeds navorsing oor slang-mens-konflik gepubliseer en verwag dat nog van sy navorsing oor hoekom zebraslange mense pik en of dit weens aggressie of selfverdediging is, binnekort gepubliseer sal word.
Hy sê voorlopige resultate blyk dat dit nie om een van dié redes is nie, maar dalk eerder ‘n geval dat die slang mense as prooi verwar. “’n Mens hoor byvoorbeeld bykans nooit dat iemand op ’n slang trap en dan gepik word nie. Dit is altyd in die nag en altyd op vreemde plekke soos aan mense se vingers, in die gesig, arms of elmboë,” het hy verduidelik. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie