Raap en
Almal weet die ekonomie bly broos, maar regverdig dit die regering se nie-nakoming van een van sy heel belangrikste pligte?
Die feit dat 'n onbekende aantal skole in die land sedert die skooljaar begin het nog nie hul nuwe, aansienlik kleiner subsidies van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur ontvang het nie skreeu eenvoudig in Juliemaand te hemele.
Meer as die helfte van die tweede skooltermyn is reeds verby. En eksamens is om die draai.
Meer “welaf” skole het nog reserwes om te benut, maar ander pas dag in en uit krisisbestuur toe. En kla mag hulle nie te hard nie, ook nie in die media by die naam nie.
Wie ly hieronder? Ons land se kinders, die leerproses, onderwysers, skoolbesture, ouers en die hele nasie.
Die probleem werp nuwe vrae oor die regering se kontantvloei op. Maar byvoorbeeld onderwys en gesondheid behoort in beginsel heel voor in die betaalry te staan. Betrokke ministers moet hieroor op die heel hoogste vlak verantwoording doen.
Hierdie tydbom plaas die polemiek oor skoolfonds vierkantig terug in die kollig. Die hele konsep van “gratis onderwys” is 'n edele, maatskaplike konsep, maar nie volhoubaar vir goeie opvoeding nie. Op geen manier met N$100 per leerling per jaar nie.
Ons moedig skoolhoofde en onderwysers aan om die koerant op ons SMS- of WhatsApp-lyne te laat weet wie het nog nie hul subsidies ontvang nie. Vertel julle verhale.
So sê ander
11 Julie 2018
Beeld, Die Burger en Volksblad sê
Grondonteiening sonder vergoeding gáán gebeur. Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) gáán binnekort 'n werklikheid wees, of Suid-Afrikaners daarvan hou of nie. Die regering gáán binnekort 'n plan vir die verligting van hoë brandstofpryse aankondig.
Hoewel Suid-Afrika verlig is dat pres. Cyril Ramaphosa staatshoof is en nie meer Jacob Zuma nie, is dit opmerklik dat ook hy in ware ANC-styl soms populisme inspan en uitsprake en beloftes plooi afhangende van wie sy gehoor is.
Populistiese planne kom meestal met fanfare nog voordat detail deurtrap is. Die risiko is dat dit verwarring en onrealistiese verwagtinge skep.
Pogings om by alle groepe gewild te bly deur aan elk se behoeftes te probeer voldoen, bring winste op korte duur, maar meestal langdurige pyn mee. Leierskap en ware oplossings verg konsekwente beginselvastheid.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie