Radelose antwoorde
Dani Booysen - Namibiërs ontvang dikwels antwoorde van regeringslui wat eerder as om kwessies op te klaar, net nuwe vrae skep.
Wanneer 'n belangrike staatsinstelling reeds vir sowat ses maande geen raad het wat die werking daarvan oorsien nie, raak Jan Alleman bekommerd.
Die raad van die Namibiese Kwalifikasieowerheid (NQA) se termyne het in Februarie verstryk.
Die minister van hoër onderwys, opleiding en innovering, dr. Itah Kandjii-Murangi, se reaksie was dat sy onseker is hoe lank dit nog sal neem om 'n raad aan te stel. Nominasies word glo steeds geëvalueer.
Ses maande later?
Hopelik is dit nie 'n geval dat daar nie genoeg kundiges is om op die raad te dien nie.
Die permanente sekretaris voer aan daar is geen “groot” ontwrigting nie omdat die raad net drie keer per jaar, of dan elke vier maande hoef te vergader. Die tyd vir 'n sitting het reeds méér as net uitgeloop.
Die raad bepaal volgens wet beleid en prosedures en is in algemene beheer van die owerheid.
Die raad bestaan ook uit komitees wat baie belangrike take moet uitvoer. Dit sluit in akkreditasie, die evaluering van kwalifikasies, beplanning om in die land se behoefte aan menslike hulpbronne te voorsien, asook toesig oor finansiële en bestuurstake.
Dit is tog lank vooraf bekend wanneer rade se termyne verstryk. Nuwe benoemings en aanstellings moet tydig geskied om te verhoed wat juis nou gebeur.
Wanneer 'n regering met relatief eenvoudige administratiewe pligte sukkel, is dit seker geen wonder hoe baie ander sake verkeerd loop nie.
So sê ander
8 Augustus 2017
Data protection: a vital check on power
Data is knowledge and knowledge is power. That is why data protection matters in a democracy.
So much of a modern economy depends on the frictionless movement of vast quantities of data across national borders that it is vital to harmonise with EU policy even if we can now no longer help to shape it.
There are three different interests in data and privacy which have to be brought into balance: the individual, the companies which hold and process our data, and the state, which mediates between the two.
The aggregation and refinement of data gives it a huge new value. It should be the aim of policy to ensure that no one is disadvantaged by having their data processed in this way.
There is in the end a limit to what state action can accomplish. Anonymity is not the answer.
But caution, discretion, and strong encryption are available to everyone. Make use of them.•THE GUARDIAN

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie