Radio-amateurs eindig tiende
Tanja Bause
Namibiese radio-amateurs wat in September aan ’n internasionale velddag deelgeneem het, het in hul kategorie in die tiende plek wêreldwyd en in die negende plek buite Duitsland geëindig.
Volgens mnr. Robert Schenk is dit ’n prestasie waarop die Namibiese Radio-amateur Liga baie trots is.
“In ons kategorie was daar 52 deelnemers, Duitsland uitgesluit, en ons het die negende plek behaal. Wanneer jy Duitsland byreken was dit 83 deelnemers en daar het ons wat hulle as wêreldwyd beskou tiende plek behaal.”
“Dit is die eerste keer dat ons aan die International Amateur Radio Union (IARU) Region 1 Field day deelgeneem het. Ons was drie mans wat vir 24 uur beurte gemaak het om met stasies van oraloor die wêreld kontak te maak,” het hy gesê.
Mnr. Werner Müller, die president van die Namibiese Radio-amateur Liga het gesê die kompetisie was vir Streek 1 wat Europa en Afrika insluit.
“Die hele wêreld is in drie streke ingedeel. Met Noord en Suid Amerika in een streek en die Oseanië wat Australië, Nieu-Seeland, Japan en die Pasifiese oseaan se eilande insluit. Ons is deel van Streek 1.” - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie