Ramaphosa en Saoedi-kroonprins praat by G20
Ramaphosa en Saoedi-kroonprins praat by G20

Ramaphosa en Saoedi-kroonprins praat by G20

Sarel van der Walt - Suid-Afrika se pres. Cyril Rama­phosa het die naweek by die G20-leiersberaad in Buenos Aires, Argentinië, met kroonprins ­Mohammed bin Salman van ­Saoedi-Arabië bilaterale ­gesprekke gevoer.

Volgens die Saoedi-persagent­skap het die twee leiers oor samewerking op die gebied van energie en oor ­beleggings gepraat.

Die kroonprins word daarvan verdink dat hy 'n groot rol gespeel het in die moord op die Saoedi-joer­nalis Jamal Khashoggi in die Saoedi-konsulaat in Istanboel, Turkye.

Toe Ramaphosa vroeër vanjaar op 'n staatsbesoek aan Saoedi-­Arabië was, het dié land onderneem om R133 miljard in veral die energie-sektor te belê.

Op sy beurt het Saoedi-Arabië Suid-Afrika gevra om met Iran te praat oor sy rol in die oorloggeteisterde Jemen.

Die VSA se pres. Donald Trump het net enkele woorde met die kroonprins gewissel.



POETIN EN BIN SALMAN

CNN berig Rusland se pres. Wladimir Poetin en Bin Salman het mekaar met groot glimlagte en 'n high five gegroet.

Op sy beurt het Frankryk se pres. Emmanuel Macron op die oog af 'n ernstige gesprek met die kroonprins gehad.

Ramaphosa het tydens die beraad ook gesprekke gehad met António Guterres, sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (VN), en pres. Paul Kagame van Rwanda, voorsitter van die Afrika-unie, het die presidensie in 'n verklaring gesê.

Suid-Afrika word op 1 Januarie vir 'n tydperk van twee jaar 'n lid van die VN se veiligheidsraad.

Voor die beraad het die Brics-­groepering ook 'n leiersberaad gehad waaraan die Suid-Afrikaanse staatshoof deelgeneem het. Ramaphosa het reeds na Suid-­Afrika teruggekeer.

Trump en China se pres. Xi Jinping het ná die leiersberaad op 'n werks­ete ooreengekom op 'n skietstilstand in die handelsoorlog tussen die twee lande. Hulle het ooreengekom om geen tariefverhogings in die ­volgende drie maande in te stel nie.

Die Amerikaners hou by die heffing van 10% op die invoer van Chinese goedere ter waarde van sowat US$200 miljard en dit verhoog nie tot 25% nie.

Op hul beurt het die Chinese onder­neem om sy invoere uit die VSA aansienlik te verhoog om die handelswanbalans tussen die twee lande te verklein, het die Withuis in 'n ­verklaring gesê.

Soos verwag het Trump hom ­gedistansieer van die G20 se besluit om die Parys-ooreenkoms oor ­klimaatsverandering te steun.

Trump sou aanvanklik op die beraad 'n ontmoeting met Rusland se pres. Wladimir Poetin gehad het, maar die Amerikaanse president het dit gekanselleer uit protes teen Rusland se ­dreigende houding jeens die ­Oekraïne.

Volgens berigte uit Buenos Aires het hulle wel op die beraad 'n paar woorde met mekaar gewissel.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!