Ramaphosa na Genève
Die adjunkpresident sal met pres. Wladimir Poetin vergader om pres. Cyril Ramaphosa se gelukwensings oor te dra met sy herverkiesing in Maart.
Pres. Cyril Ramaphosa en adj.pres. David Mabuza reis vandeesweek onderskeidelik na Switserland en Rusland.
Ramaphosa sal 'n werkbesoek aan Genève, Switserland, bring vir 'n vergadering van die Internasionale Arbeidsorganisasie (ILO). Hy is aangestel as die medevoorsitter van die ILO se globale kommissie oor die toekoms van werk.
Dié hoëvlak globale kommissie is in 2017 deur die ILO begin en is daarmee getaak om die vinnige transformasie te ontleed wat in die werkomgewing plaasvind, uitdagings te identifiseer en wat gedoen moet word om die toekoms van werk beter en regverdiger te maak.
Ramaphosa en Stefan Löfven, premier van Swede, albei voormalige vakbondleiers, sal medevoorsitters van die kommissie wees wat uit 28 lede bestaan om die voorbereidings te oorsien vir 'n belangrike verslag wat vroeg in 2019 gepubliseer sal word.
Mabuza reis op sy beurt van 15 tot 20 Mei na Moskou nadat Ramaphosa hom as Suid-Afrika se spesiale gesant na Rusland aangestel het. Mabuza sal ook met pres. Wladimir Poetin vergader om Ramaphosa se gelukwensings oor te dra met sy herverkiesing in Maart en inhuldiging as president.
Luidens 'n verklaring wat die presidensie Maandag uitgereik het, sien Ramaphosa uit daarna om die politieke, ekonomiese en handelsbetrekking wat reeds tussen die twee lande bestaan, verder te versterk.
Dié betrekkinge word ondersteun deur gedeelde waardes ten opsigte van die oppergesag van die reg in internasionale betrekkinge, die rol van die Verenigde Nasies (VN) in globale staatsbestuur en die VN se Veiligheidsraad in die handhawing van globale vrede en stabiliteit.
Ramaphosa is in Julie die gasheer vir Poetin en die ander staatshoofde van die Brics-handelsblok wat verder bestaan uit Brasilië, Indië en China.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie