Ramaphosa ontplooi weermag in onlusgebiede
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANDF) het pas 'n verklaring uitgereik om te bevestig dat sy lede in KwaZulu-Natal en Gauteng ontplooi word.
"Die SANDF het begin met die nodige prosesse en prosedures ter voorbereiding daarvan om sy lede te ontplooi soos deur die nasionale gesamentlike en operasionele intelligensiestruktuur (Natjoints) versoek om wetstoepassingsagentskappe in Gauteng en KwaZulu-Natal by te staan om die onluste van die afgelope paar dae stop te sit," lui die verklaring.
Die weermaglede word ontplooi sodra die prosesse afgehandel is.
"Hoeveel lede ontplooi word en vir hoe lank sal bepaal word sodra die situasie op die grond deur die betrokke wetstoespassingsagentskappe ondersoek is. Verder moet dit benadruk word dat die doelwit van die weermag se ontplooiing is om die polisie en die omstandighede waarin wetstoepassingsagentskappe werk, te beveilig terwyl laasgenoemde hul grondwetlike pligte uitvoer," lui die verklaring deur brig. genl. Mafi Mgobozi, dié weermag se direkteur van kommunikasie.
Foto: Nampa/Xinhua

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie