Ramaphosa praat oor misdaad
Dit lyk of Suid-Afrika se president ernstig is daaroor om gender- en xenofobiese geweld te pak.
Llewellyn Prince – Pres. Cyril Ramaphosa sou gistermiddag ’n dringende sitting van albei huise van die parlement oor misdaad toespreek.
Volgens Tina Joemat-Pettersson, voorsitter van die portefeuljekomitee oor polisie, is dit die eerste keer in die geskiedenis van post-demokratiese Suid-Afrika dat ’n gesamentlike sitting van die parlement saamgeroep is. Dit wys hy is ernstig om die gender- en xenofobiese geweld wat die afgelope ruk krisisvlakke aangeneem het, te takel.
“Suid-Afrikaners soek spoedige en drastiese optrede teen misdaad en nie langer net lippetaal deur politici en polisiebase daaroor nie,” het Joemat-Pettersson Dinsdag aan Bheki Cele, minister van polisie, en genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, gesê toe hulle en hul onderskeie spanne voor die komitee verskyn het om hul planne voor te lê oor wat hulle gaan doen om die land se hemelhoë misdaadstatistieke te verminder.
“Die misdaadstatistieke wat verlede week vrygestel is, is wyd gekritiseer. Daardie kritiek is regverdig, omdat alle kontakmisdade, insluitend seksuele oortredings en verkragting toegeneem het.
“Ons moet daarom fokus op die moorde en seksuele oortredings. Ons het in die jongste misdaadstatistieke ook nie die statistieke van die laaste ses maande ingesluit nie. As dit ingesluit was, sou die prentjie nog erger gelyk het.”
Volgens Joemat-Pettersson is drastiese ingryping daarom nou nodig. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie