Ramatex: Bedkapasiteit van 250 beplan

Kristien Kruger
Kristien Kruger

Die nuwe noodsorgeenheid by Ramatex sal ’n bedkapasiteit van sowat 200 hê, asook 50 beddens vir die hospitaal se intensiewesorgeenheid (ICU).

Die Windhoekse munisipaliteit het verlede week belanghebbers en die media na verskeie ontwikkelingspersele geneem om die vordering en planne vir sy projekte te kommunikeer. Een daarvan is die eertydse Ramatex-klere- en tekstielfabriek in Windhoek, wat tans in 'n hospitaal omskep word.

Dit sal as ‘n nasionale Covid-19-noodgesondheidsorgsentrum dien, maar sal ook ’n navorsingsentrum en post-Covid-sorgeenheid insluit.

“Net omdat Covid-19-getalle besig is om af te neem, beteken dit nie dat ons nie hierdie eenheid in die toekoms gaan gebruik nie,” het die burgemeester van Windhoek, dr. Job Amupanda, tydens die besoek gesê.

Die munisipaliteit moet glo nog by die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste registreer en aan sekere vereistes voldoen.

“Ons moet hierdie projek prioritiseer. Ons moet bymekaarkom en bespreek hoe ons prosesse kan versnel en die projek spoedig kan voltooi,” het die voormalige burgemeester van Windhoek, me. Fransina Kahungu, gesê. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!