Ramatex opgeknap as isolasie-eenheid

Die ongevalle-afdeling van die Windhoek Sentrale Hospitaal gaan in intensiewesorgeenheid vir Covid-29-gevalle omskep word.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Die eertydse klere- en tekstielfabriekgeboue aan die westelike buitewyke van Windhoek gaan opgeknap word om as isolasiegeriewe vir Covid-19-gevalle gebruik te word.

Die gebouekompleks was voorheen gasheer vir die jaarlikse nasionale musiektoekennings (NAMA’s), terwyl die ministerie van onderwys, kuns en kultuur onsuksesvol probeer het om klasse vir beroepsgerigte onderrig hier in te rig.

Ook die ongevalle-afdeling van die Windhoek Sentrale Hospitaal gaan in ’n verwysings-intensiewesorgeenheid (ICU) vir hoogs aansteeklike Covid-19-pasiënte omskep word. Die oprigting van ’n isolasiesaal met 12 beddens by die hospitaal is ook byna voltooi.

Volgens die nuutste situasieverslag van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) en die Wêreldgesondheidsorganisie (WHO) is konsultasie met die Universiteit van Namibië (Unam) aan die gang om ’n kliniek vir Covid-19-pasiënte beskikbaar te stel.

Nog persele vir toetsing is ook landswyd in streke geïdentifiseer, asook verskeie lodges, hotelle en oorde om verblyf aan matige, vermoedelike en bevestigde Covid-19-gevalle te verskaf.

Tot op hede is 40 mense in kwarantyn by Namibia Wildlife Resorts (NWR) se oord op Hardap en 22 by Gross Barmen, asook 39 by Rock Lodge, en 68 by die Zambezi Waterfrontpark.

By laasgenoemde het drie simptome van die siekte getoon. In Windhoek word 139 mense by verskillende instellings gehuisves. Vier het simptome getoon en 35 is reeds uit kwarantyn.

Namibië het tans 16 Covid-19-gevalle, waarvan twee op 4 April ontslaan is. Die groep van 35 Namibiërs wat met die eerste KLM-vlug buite Windhoek geland het en aanvanklik by die Greiter’s-konferensiesentrum gehuisves en daarna na Okapuka verskuif is, het Saterdag hul kwarantyn voltooi.

Die tweede groep van 40 wat by die Hardap-oord gehuisves word, word môre huis toe getuur.

Volgens die verslag is 35 potensiële hoë risikokontakte van positiewe gevalle opgespoor, waarvan agt simptome ontwikkel en drie positief getoets het.

Die Namibiese Instituut vir Patologie (NIP) wat 700 toetsstelle in voorraad het, het tot op hede 206 weefselmonsters ontvang en Pathcare 156. Die uitslag van een is hangend, terwyl 295 negatief getoets het.

In die verslag word onvoldoende en kol-kol geen isolasie-eenhede by gesondheidsgeriewe en grensposte as van die grootste struikelblokke in die stryd teen Covid-19 uitgesonder. Ook het die land te min beskermende klere en toerusting (PPE’s) en toetsstelle, terwyl inligting oor die siekte in meer tale beskikbaar gestel moet word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!