Rami Malek is boef in nuwe Bond-fliek
Al is daar nog geen titel vir die 25ste aflewering van die James Bond-rolprent nie, is dit ’n uitgemaakte saak dat dit Daniel Craig se allerlaaste keer is om die Britse spioen te speel. En die Bohemian Rhapsody-ster, Rami Malek, is sy nemesis, of dan die boef.
Al die bekende gesigte is terug – Ralph Fiennes as M, Rory Kinnear, Ben Whishaw, Naomie Harris, Lea Seydoux en Jeffrey Wright. Die nuwe Bond-prent word in die eksotiese Jamaika, maar ook in Italië, Noorweë en uiteraard Brittanje verfilm.
Dit is die derde Bond-prent om in Jamaika verfilm te word – dit volg op Dr. No en Live and Let Die. Geen besonderhede oor die storielyn is onthul nie.
Die regisseur is Cary Joji Fukunaga. Die verfilming begin Sondag 28 April.
Spectre, die 24ste Bond-prent, het $880 miljoen by die wêreldloket verdien. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie