Rampbestuur gereed vir Kaapse storm
Die Wes-Kaap staal hom vir die stormweer wat vandag en môre in dié provinsie sal woed.
Marelize Barnard - Wes-Kaapse rampbestuurspanne is reeds gereed om grootskaalse skade, vloede en verkeersknope te hanteer wanneer 'n storm die Skiereiland en die res van die provinsie vanaf gisternag sou
tref.
Swaar reën van 50 mm binne 'n 24 uur-tydperk word vir vandag deur
die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel.
Sneeu word reeds vandag verwag, maar die meeste sneeu gaan môre in die hoogliggende gebiede van die Wes- en Noord-Kaap val. Die sneeuval kan tot skade lei, en ook die sluiting van paaie tot gevolg hê.
'n Stormsterk wind van 65 km/h tot 90 km/h word vanaf vandag aan die suidwestelike kusgebied en môre aan die suidkus verwag.
Skade word aan die kus verwag, met seedeinings van tot 12 m hoog reg rondom die kus vanaf Lambertsbaai tot by Kaap Agulhas.
Die skade kan aan die Weskus, die Skiereiland en in 'n mindere mate aan die suidkus voorkom.
JP Smith, Kaapstadse burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, sekuriteit en maatskaplike dienste, sê al die nooddienste in die stad is gereed om bome te verwyder sou dit omwaai; vir paaie wat kan verspoel en mense wie se huise oorstroom.
Tydelike noodhuisvesting sal aan inwoners verleen word wie se huis moontlik verspoel of deur die wind beskadig word.
Die Wes-Kaapse rampbestuursentrum waarsku die publiek dat swaar reën veral oor die Kaapse Skiereiland verwag word. Dit gaan gepaard met grootskaalse stormwinde, baie hoë seedeinings, sneeu en ysige koue.
WAT VAN DIE DAMVLAKKE?
Derek van Damme, CNN-weervoorspeller, voorspel op sy Facebookblad die storm behoort 36 uur te
duur, vanaf vanoggend tot môremiddag.
Van die reënvalsyfers wat Van Damme voorspel, is:
Kaapstadse metropoolgebied (75 mm tot 100 mm); Overberg (125 mm tot 150 mm); Weskus (50 mm tot 75 mm) en die Wynlande (100 mm tot 125 mm).
Indien dié voorspelling 'n werklikheid word en 150 mm val in die opvangsgebied van die Theewaterskloofdam (wat nou slegs 13% vol is) kan die damvlak tot sowat 18%
styg.
Dink so daaraan: Sowat 16 storms oor 'n paar dae wat elk tot sowat 150 mm reën lei, is nodig om die Theewaterskloofdam weer vol te maak, sê Van Damme. Hy waarsku verder dat die droogtekrisis nog lank nie verby sal wees na dié week se reën nie.
–Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie