Rand breek deur R18/US$
Elvira Wood
Die rand het vroeg Maandagoggend deur die R18-vlak teenoor die dollar gebreek.
Dit het teen R18,01 teenoor die dollar begin verhandel, maar het toe verder tot R18,07 verswak.
Die rand het egter net vir 'n kort rukkie teen dié vlak verhandel, en het vinnig weer tot R17,94 teenoor die Amerikaanse geldeenheid verhandel.
Die geldeenheid kon egter nie die goeie pas volhou nie, en het kort voor 09:00 wéér teen R18,02 teenoor die dollar verhandel.
Bianca Botes, tesourievennoot by Peregrine Treasury Solution, het die naweek reeds gewaarsku dat daar ’n groot moontlikheid is dat die rand tot dié vlak kan verswak.
Dit volg nadat die kredietgradeerder Moody’s Investors Service Suid-Afrika ná drie jaar se dreigemente, tot rommelstatus afgegradeer het.
Sy sê Maandag in 'n verklaring dat Suid-Afrikaners "regtig moet hoop dat die huidige regering die politieke wil het om die skip om te keer, anders is ons in 'n regte onstuimige tyd. Die ekonomie sukkel en met die langdurige ineenstorting sal ons nog meer ly.
"Ons moet almal in hierdie moeilike tye saamwerk, maar ons het ook nodig dat die regering sterk standpunt moet inneem.
"Alle onnodige besteding en korrupsie moet uitgewis word. Ons wil nie na die Internasionale Monetêre Fonds toe gaan vir 'n reddingsboei nie, aangesien die voorwaardes wat hulle oplê, nie mooi sal wees nie," waarsku sy.
Die rand het ook teenoor ander geldeenhede verswak.
Hy het bykans 1% laer op R22,21 teenoor die Britse pond en R19,86 teenoor die euro verhandel.
Goeie nuus vir Suid-Afrikaners is dat die prys van ruolie steeds baie laag bly.
’n Vat ruolie kos US$23,29.
Goud verhandel teen US$1 616,52 per fynons terwyl platinum teen US$715,80 per ons verhandel. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie