Rand bult spiere, maar petrol steeds duurder
Elvira Wood
Die rand mag dalk stadig maar seker teenoor die dollar versterk, maar dit lyk nie of dit gaan keer dat die prys van petrol drasties gaan styg nie.
Die rand het vroeg Woensdagoggend teen R17,38 teenoor die dollar verhandel.
Dit is die beste vlak sedert einde Maart.
Nolan Wapenaar, medehoofbeleggingsbeampte by Anchor Capital, skryf in 'n nota hy dink daar is 'n goeie kans dat die rand aanhou gaan versterk.
Hy glo soos wat beleggers weer meer geneë is om in ontluikende markte te belê, so sal dit die rand en ander geldeenhede van ontluikende ekonomieë ondersteun.
Wapenaar sê hy glo met tyd sal die rand weer onder die R16-vlak teenoor die dollar verhandel. Hy waarsku egter die rand se tog na dié vlak gaan eerder 'n marathon as 'n naelloop wees.
Hoewel die geldeenheid sedert Vrydag konstant onder die R18-vlak teenoor die dollar verhandel, blyk dit net nie genoeg te wees om die styging in die prys van brent-ruolie teen te werk wanneer dit by brandstofpryse in Suid-Afrika kom nie.
Waar brent-ruolie Vrydag in 'n stadium nog teen US$33,55 per vat verhandel het, verhandel dit nou teen US$36,12 per vat.
Dié styging in die olieprys, en die rand wat dit nié behoorlik teenwerk nie, beteken dat sou die brandstofprys vandag vasgestel moes word, die prys van 95-oktaan-petrol met R1,07 per liter sou styg.
Boonop sal die prys van diesel, ongeag die swaelinhoud, met 8c styg.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie