Rand en goud trek voordeel uit onsekerheid
Elvira Wood
Die rand en die goudprys trek steeds voordeel uit onsekerheid oor wat die Federale Reserweraad (Fed) oor rentekoerse in Amerika gaan besluit.
Die rand het vroeg gisteroggend teen R13,76 teenoor die dollar verhandel.
Goud hou ook steeds die pas vol en verhandel net soos vroeg Maandagoggend teen net meer as US$1 291 per fynons.
Reuters berig markte en beleggers bly steeds onseker oor wat die vooruitsig vir wêreldekonomiese groei vanjaar is, asook oor of die Fed rentekoerse gaan verhoog of nie.
“Weens die verwagting dat die Fed waarskynlik nie rentekoerse gaan verhoog nie, is daar ’n sterk afkeer vir die dollar, maar daar is nie regtig ’n plaasvervanger daarvoor nie,” verduidelik Sim Moh Siong, valutastrateeg by die Bank van Singapoer, oor hoekom die dollar sy huidige vlakke handhaaf.
Die rand het vroeg gisteroggend teen R17,76 teenoor die Britse pond en R15,80 teenoor die euro verhandel.
Met die hulpbronne staan sake soos volg:
· Goud: US$1 291,20 per fynons.
· Platinum: US$804 per ons.
· Olie: US$59,74 per vat.
Digitale geld
· Bitcoin: US$3 659,32
· Ethereum: US$127,98 – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie