Rand ene ore oor begroting
Elvira Wood – Die hele Suid-Afrika, wat die rand insluit, se oë en ore sal Woensdag op twee groot aankondigings gefokus wees.
Om 10:00 maak Statistieke Suid-Afrika die nuutste inflasiesyfers bekend, en om 14:00 lewer Tito Mboweni sy eerste mediumtermynbegrotingsrede in die parlement.
Besonderhede oor presies wat die minister te sê gaan hê, kan die rand ’n goeie hupstoot gee, óf hom erg knou.
Die rand het Woensdag vroegoggend teen R14,24 teenoor die dollar verhandel.
Dit is meer as 20c sterker as waarteen hy Dinsdagoggend begin verhandel het.
Die rede vir die verbetering is egter nie vanweë enige plaaslike gebeure nie, maar omdat die dollar wêreldwyd teenoor ander geldeenhede teruggesak het.
Reuters berig die Dow Jones-nywerheidsindeks, die S&P?500 en die Nasdaq het almal meer as 2% teruggesak.
Die rede vir hul swak vertoning was Caterpillar en 3M wat albei swakker as verwagte syfers bekend gemaak het.
Die beurse se swak prestasie het beleggers eerder na ander veilige hawens laat kyk.
Goud was een van dié veilige hawens wat beduidende voordeel daaruit getrek het.
Die goudprys het Dinsdag in ’n stadium tot $1?239 per fynons verstewig. Dit het vroeg Woensdagoggend teen $1?232 verhandel.
Goud het net meer as ’n week gelede nog gesukkel om deur die vlak van $1?200 per fynons te breek.
Die rand het Woensdagoggend vroeg teen R18,49 teenoor die Britse pond en R16,33 teenoor die euro verhandel.
Met die hulpbronne staan sake so:
· Goud: $1?232 per fynons?
· Platinum: $831 per fynons?
· Olie: $75,65 per vat
Digitale geld
· ?Bitcoin: $6?449,96
· ?Ethereum: $204,52 – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie