Rand het klaar partytjie gehou
Rand het klaar partytjie gehou

Rand het klaar partytjie gehou

Elvira Wood - Die rand het teen gisteroggend klaar partytjie gehou oor die nuwe minister van finansies.

Die geldeenheid het teen R14,74 teenoor die dollar verhandel.

Dit is steeds effens sterker as voordat Tito Mboweni Dinsdag in dié pos aangestel is, maar reeds 20c swakker as kort nadat die aankondiging gedoen is.

Pres. Cyril Ramaphosa het Mboweni aangestel nadat hy Nhlanhla Nene se bedanking uit die pos aanvaar het.

’n Sterker dollar kan nie eens die skuld gegee word dat die rand teruggesak het nie, aangesien The Wall Street Journal berig dat die Amerikaanse geldeenheid ook Woensdag ietwat veld verloor het teenoor ander geldeenhede.

Die een hulpbron wat wel ’n klein voordeel uit die swakker dollar getrek het, is goud.

GOUDPRYS STYG

Die goudprys het oornag met sowat US$9 per fynons gestyg.

Dit het vroeg gisteroggend teen US$1 192 per fynons verhandel.

Die volgende groot gebeurtenis op die kalender wat die rand behoorlik kan laat tol, is as Moody’s Investors Service wel Vrydag ’n besluit oor Suid-Afrika se kredietgradering aankondig.

Die gradeerder het egter al voorheen gewaarsku dat hoewel dit op sy kalender is, hy nie noodwendig enigiets hoef te doen nie.

Moody’s is tans nog die enigste van die drie groot kredietgradeerders wat Suid-Afrika nog as beleggingswaardig beskou.

Die rand het Donderdagoggend teen R19,50 teenoor die Britse pond en R17,05 teenoor die euro verhandel.

Met die hulpbronne staan sake so:

· Goud: US$1 192 per fynons

· Platinum: US$814 per fynons

· Olie: US$81,58 per vat

Digitale geld

· Bitcoin: US$6 251,67

· Ethereum: US$205,62
– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!