Rand hou asem op vir staatsrede
Rand hou asem op vir staatsrede

Rand hou asem op vir staatsrede

’n Ekonoom sê die rand word deur onsekerheid voor die begroting, die staatsrede en Moody’s se hersiening van Suid-Afrika se gradering afgetrek.
Nellie Brand-Jonker – Die rand trap sedert Maandag water net bo R14,90 in afwagting op belangrike syfers, die staatsrede môre (Donderdag) en die begroting later vandeesmaand.

Die rand het Vrydag met 1% verswak tot R15.

Maandag het hy egter met 9c versterk om op R14,97 te sluit en sedertdien verhandel hy rondom R14,93.

Annabel Bishop, hoofekonoom van Investec, het Maandag gesê die rand word deur onsekerheid voor die begroting, die staatsrede en Moody’s se hersiening van Suid-Afrika se gradering afgetrek.

Nog ’n demper op die rand is die beurtkrag.

“Die rand is steeds onder die swakste presteerders in die mandjie van opkomende markte se wisselkoerse, naamlik 7% swakker teenoor die dollar sedert die einde van verlede jaar weens die voortslepende risikovermyding,” sê Bishop.

Volgens haar word die aptyt vir veiliger bates volgehou met goud wat Maandag teen $1 573 per fynons verhandel het.

Die rand het water getrap ondanks die sterftes wat deur die nuwe 2019-coronavirus veroorsaak word, wat nou meer as 1 000 bereik het. Internasionaal is daar nou al meer as 42 000 mense met die virus besmet.

“Weens die grootte van China se ekonomie kan wesenlike stres in dié land na Amerika en ander internasionale markte oorspoel deur die aptyt vir risiko, handel en hulpbronpryse wat afneem en die dollar wat versterk,” waarsku Amerika se Federale Reserweraad.

Bianca Botes, tesourievennoot van Peregrine Treasury Solutions, glo ook die rand sukkel om rigting te kry terwyl hy wag op belangrike inligting en gebeure vandeesweek.

In Suid-Afrika word die werkloosheidsyfers vandag ook vir die laaste kwartaal van 2019 uitgereik. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!