Rand hou pas vol op R13,92
Rand hou pas vol op R13,92

Rand hou pas vol op R13,92

Elvira Wood – Die rand het Donderdag tot sy sterkste vlak sedert 10 Augustus teenoor die dollar gestyg.

Hy het op R13,89 teenoor die dollar verhandel, maar het kort daarna teruggesak tot R13,92.

Dit is ’n verbetering van 23c sedert die begin van die week.

Reuters berig die uitslag van die middeltermynverkiesing in die VSA het die dollar wêreldwyd ’n knou gegee.

Die Demokrate het die meeste setels in die huis van verteenwoordigers gewen terwyl die Republikeine beheer oor die senaat behou het.

Ontleders van Commerzbank verduidelik dat pres. Donald Trump nou teenkanting teen verdere belastingverlagings en deregulering kan kry.

Sou hy dit wel kon doen was die verwagting dat dit die Amerikaanse ekonomie, die dollar en aandele markte dáár ’n verdere hupstoot sou gee.

Dit sou die Federale Reserweraad (Fed) genoop het om by sy beleid te bly om rentekoerse te verhoog.

“Hierdie gebeure gaan waarskynlik daartoe lei dat die Fed die rentekoers op lang termyn minder gaan verhoog, wat op sigself ’n negatiewe uitwerking op die Amerikaanse dollar sal hê,” sê die bank se ontleders.

Hulle waarsku dat Trump nou moontlik sy aandag meer op buitelandse beleid gaan fokus wat waarskynlik tot onsekerheid gaan lei.

Behalwe dat die rand voordeel hieruit getrek het, is daar ’n goeie kans dat dit goud ook kan bevoordeel.

Beleggers koop dikwels goud as ’n toevlugsoord in tye van onsekerheid.

In dié stadium het die goudprys eerder gedaal as gestyg.

Waar goud die begin van die week nog teen $1 232 verhandel het, het dit nou al met $9 tot $1 223 teruggesak.

Die Fed het Woensdag reeds begin vergader om ’n besluit oor rentekoerse te neem.

Dié vergadering duur tot Donderdag.

Ander risikofaktore wat die rand kan beïnvloed is besluite deur kredietgradeerders oor Suid-Afrika se soewereine skuld.

Moody’s is die enigste een van die drie groot kredietgradeerders wat nóg nie Suid-Afrika se skuld tot onder beleggingsgraad, of te wel rommelstatus, afgegradeer het nie. ’n Besluit hiervoor word voor die einde van die jaar verwag.

Standard & Poor’s, nog ’n kredietgradeerder, gaan na verwagting sy jongste besluit oor Suid-Afrika se skuld op 23 November bekend maak.

Die rand het vroegoggend teen R18,28 teenoor die pond en R15,91 teenoor die euro verhandel.

Met die hulpbronne staan sake so:

· Goud: $1 223 per fynons

· Platinum: $872 per fynons

· Olie: $72,07 per vat

Digitale geld

· Bitcoin: $6 468,02

· Ethereum: $214,48 – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!