Rand hou pas vol, staan ál sterker
Elvira Wood - Die rand het Donderdag tot sy beste vlak sedert begin Augustus teenoor die dollar verstewig.
Hy het in 'n stadium teen R13,64 teenoor die dollar verhandel.
Vroeg Vrydagoggend het hy teen R13,66 teenoor sy Amerikaanse eweknie verhandel.
Wat ook goeie nuus vir Suid-Afrikaners is, is dat die ruolie ook steeds teen ongeveer US$60 per vat verhandel.
Dit is beduidend laer as die US$100 per vat wat vroeër vanjaar voorspel is.
Reuters berig die dollar wat wêreldwyd teruggesak het, is wat geldeenhede van ontluikende markte soos Suid-Afrika die afgelope week laat verstewig het.
Dit volg nadat Jerome Powell, voorsitter van die Federale Reserweraad (Fed), gesê het dat rentekoerse in dié land baie na aan neutraal is. Dit het die indruk geskep dat die Fed dalk binnekort kan ophou om rentekoerse te verhoog.
Powell het Woensdag terugvoering gegee ná die Fed se mees onlangse vergadering.
Sy opmerking dat die koers bykans neutraal is, is in teenstelling met wat hy op 3 Oktober gesê het. Tóé het hy gesê die Fed kan moontlik rentekoerse hoër lig as net neutraal.
TodayOnline berig egter dat die dollar Vrydag enige kant toe kon draai, afhangende van wat gebeur wanneer leiers van die VSA en China oor handel in gesprek tree.
Dié twee lande is maande lank reeds slaags nadat pres. Donald Trump van die VSA besluit het om bykomende invoertariewe op Chinese goedere in te stel. Hy dreig om van vroeg in 2019 af tariewe van 25% op Chinese invoer te hef.
Trump en sy Chinese eweknie, Xi Jinping, sou na verwagting Vrydag op die G20-beraad wat in Buenos Aires in Argentinië gehou word, vergader om dié kwessie te bespreek.
Vroeg Vrydagoggend het die rand teen R17,46 teenoor die Britse pond en R15,56 teenoor die euro verhandel.
Met hulpbronne staan sake soos volg:
• Goud: US$1 224 per fynons
• Platinum: US$815 per ons
• Olie: US$60,23 per vat
Digitale geld
• Bitcoin: US$4 235,89
• Ethereum: US$117,38
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie