Rand hou saam met mark asem op
Rand hou saam met mark asem op

Rand hou saam met mark asem op

Francois Williams

Markte is wêreldwyd onder druk weens vrese dat ’n nuwe wêreldresessie op pad is.

Amerikaanse vervaardiging- en kleinhandelsyfers word Donderdag uitgereik en beleggers sal al die syfers fyn dophou vir enige teken van ’n verlangsaming.

Die rand is sedert begin vanjaar al 7% swakker teen die dollar, maar het Donderdag in vroeë verhandeling ’n paar sent veld gewen tot R15,33 nadat dit die vorige aand op R15,41 gesluit het.

Aan die begin van die jaar was die rand nog op R13,23 teen die dollar – sy beste vlak in die afgelope 12 maande.

Die JSE het Woensdag 2% laer op 54 029 indekspunte gesluit.

Die rand het ook effens herstel teen die Britse pond tot R18,48 en teen die euro tot R17,09.

Op die kommoditeitsmarkte was Brent-ruolie se termynkontrakte 0,37% laer op $59,26 per vat, die goudprys was byna onveranderd op $1 516 per fynons, en platinum was omtrent onveranderd op $845 per ons.

Maatskappynuus wat beleggers Donderdag kan besig hou, is so ver die mynmaatskappy Gold Fields wat halfjaarresultate uitgereik het. Gold Fields het ’n wins van $70,5 miljoen bekend gemaak nadat hy ’n jaar gelede ’n verlies gely het.

ARB Holdings het sy jaarresltate uitgereik, en African Bank het ’n kwartaalverslag uitgereik oor sy voldoening aan Basel-bankvereistes.

In Asië was aandeelpryse meestal laer in reaksie op die swakker Amerikaanse beurspryse oornag.

Die aandeelbeurs in Sydney was veral skerp af, ondanks die goeie nuus dat Australië se arbeidsmark in Julie drie keer soveel nuwe werkgeleenthede geskep het as wat verwag is. Werkloosheid in Australië staan op 5,2%.

Daar was in Julie 41 100 meer poste in Australië as in Junie, en meer as driekwart daarvan is heeltydse poste. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!