Rand hou sy oog op betogings, geweld
Rand hou sy oog op betogings, geweld

Rand hou sy oog op betogings, geweld

Estelle de Bruyn
Nellie Brand-Jonker



Die rand se spronge het vir eers gekalmeer en dit verhandel in die kleinste band sedert die politieke spanning op Maandag 27 Maart begin het.

Die wisselkoers teen die dollar het Donderdag van sy hoogste tot laagste vlak net met 19c verskil – wat die kleinste verskil is sedert die politieke spanning begin het, het John Cairns, valutastrateeg van RMB, aan beleggers gesê.

Die rand het sedert 27 Maart tussen 30c en 50c rondgespring.

Toe Pravin Gordhan, voormalige minister van finansies, op 27 Maart deur pres. Jacob Zuma van oorsee teruggeroep is, het die rand met 50c rondgespring, die dag daarna met 40c en die daaropvolgende dag met 30c.

Sy band van 35c op Vrydag 31 Maart ná die middernagtelike kabinetskommelinge is as “verrassend beperk” beskryf.

Vrydag het die rand sy oë op die betogings teen Zuma gehou.

Cairns sê die rand herstel gewoonlik nadat dit gestabiliseer het, maar dit is nog te vroeg om 'n herstel te verwag.

Volgens hom kan internasionale faktore nou weer 'n groter rol begin speel.

Die verslag oor poste in Amerika buite die landbousektor wat om 14:30 uitgereik word, kan ook 'n impak hê.

Die rand het op R13,19 teen die dollar geopen, R14,70 teen die euro en R17,20 teen die pond.

Cairns sê die uitval van die politieke spanning was “verbasend beperk” en 'n herstel sal dus ook beperk wees.

Hy waarsku egter dat daar steeds 'n risiko is. “Die aanduiding in die mark dat al die negatiewe gebeure reeds plaasgevind het, is hoogs misplaas.”

Hy meen van die risiko's is 'n populistiese nuwe direkteur-generaal vir die nasionale tesourie, polisiegeweld teen die betogers of as Fitch of Moody's die land ook afgradeer.

“Die fokus sal vandag op die betogings wees, maar ons is nie seker wat dit vir die markte gaan beteken nie. Dit sal interessant wees om te sien hoeveel mense daar gaan wees, maar daar is geen basis om dit teen te vergelyk nie.

“Enige geweld gaan negatief wees, veral as dit waargeneem word dat die polisie vyandig teen die anti-Zuma-betogers is.”

Hy sê internasionale kwessies kom ook nou weer terug in die spel. “Die Amerikaanse aanval op Sirië het veroorsaak dat beleggers begin om risiko te vermy en dit plaas matige druk op die rand om te verswak.”

Hy sê indien die poste sterk is wat in Amerika geskep is, gaan dit negatief vir die rand wees.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!