‘Rand kan tot R17 teenoor die dollar verswak’
Die rand is oorwaardeer en weens pres. Jacob Zuma se “populistiese” regering is daar min kans dat hy in die volgende jaar gaan versterk, is die ontleder wat die rand se beweging die afgelope vier kwartale die beste voorspel se mening.
Die rand kan eerder tot R17 teenoor die Amerikaanse dollar verswak, sê Matthias Krieger, ontleder by Landesbank Baden-Württemberg in Stuttgart, Duitsland, die beste rand-dollar-voorspeller in ’n meningsopname deur Bloomberg.
’n Herstel in die rand, wat vanjaar 6% teenoor die dollar gewen het ná sy afname van 25% in 2015, gaan van korte duur wees omdat die Suid-Afrikaanse regering buitelandse beleggersvertroue verloor, sê Krieger.
“Suid-Afrika se verslegtende mededingendheid en Jacob Zuma se populistiese regering is die rede hoekom ek oortuig is ons gaan vanjaar ’n swakker rand sien,” sê hy.
Hy verwag die geldeenheid gaan met 17% daal teen die einde van die jaar.
“Ek is besonders pessimisties oor wat die politiek Suid-Afrika kos.”
Zuma se besluite het die rand voorheen hard getref.
Die geldeenheid het tot ’n rekordlaagtepunt gedaal in Desember 2015 toe Zuma markte verras het deur Nhlanhla Nene as minister van finansies af te dank en hom met die onbekende Des van Rooyen vervang het.
Beleggers het ontslae geraak van Suid-Afrikaanse bates wat Zuma gedwing het om die besluit te heroorweeg.
Hy het Pravin Gordhan weer aangestel in die rol wat hy van 2009 tot 2014 gevul het.
Suid-Afrikaners stem op 3 Augustus in die munisipale verkiesing.
Vyf mense is in geweld dood wat uit woede gespruit het oor die regerende party se burgemeesterskandidaat vir Pretoria.
Zuma se party staar groeiende ongelukkigheid in die gesig oor werkloosheid en armoede saam met ’n reeks skandale wat die president betrek.
Die regering “toon algemene vooroordeel” om meer populisties op te tree, sê Krieger.
“Dit is die basiese balans van die regering en ek is bang dit gaan voortduur omdat werkloosheid redelik hoog is in Suid-Afrika en so gaan voortduur.”
Zuma het Gordhan se pogings om ’n nuwe raad vir die verliesmakende staatslugdiens onderdruk en Gordhan se versoeke om die land se belastinghoof af te dank weens insubordinasie geweier.
Die land se hoogste hof het in Maart bevind Zuma het die Grondwet verontagsaam toe hy ’n direkte bevel deur die land se ombudsman om staatsgeld wat vir sy privaatwoning gebruik is terug te betaal geïgnoreer het.
In April het die hooggeregshof bevind aanklaers het ’n fout gemaak toe hulle sewe jaar gelede ’n korrupsiesaak teen Zuma laat vaar het, wat die weg geopen het om 783 aanklagte teen hom te herstel.
Die rand het Vrydag teen sluitingstyd met 1,2% teenoor die dollar herstel tot R14,57.
Landesbank Baden-Württemberg se voorspelling van die rand is 8% swakker as die mediaan-vooruitskatting van ontleders wat aan Bloomberg se opname deelgeneem het.
“Baie van die slegte nuus is reeds ingereken,” sê Lee Hardman, geldeenheid strateeg by Bank of Tokyo-Mitsubishi in Londen.
“Ons het nie ’n bul-vooruitsig nie. Ons dink steeds die rand gaan verswak, maar nie baie nie.”
- Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie