Rand kry baie regmerkies
Die rand het verlede week vir die eerste keer sedert Augustus 2015 sterker as R13 teenoor die dollar verhandel. Dit het Woensdag vir die eerste keer deur dié sielkundige vlak beweeg en Donderdag laatmiddag teen R12,92 verhandel.
Dit word toegeskryf aan politieke onsekerheid in die VSA, waar Michael Flynn, ná net 24 dae in die pos as raadgewer oor nasionale veiligheid bedank het.
Hy het glo Amerikaanse sanksies teen Rusland met die Russiese ambassadeur bespreek voordat Donald Trump as president ingehuldig is en boonop vir visepres. Mike Pence daaroor gelieg. Die dollar het teenoor verskeie geldeenhede verswak.
Rian le Roux, hoofekonoom van Old Mutual Investment Group, sê verskeie geldeenhede in ontluikende markte vaar die afgelope tyd goed en dié positiewe sentiment kan ook in die rand se guns tel.
Nog 'n rede is die styging in die pryse van kommoditeite soos steenkool en ystererts, wat Suid-Afrika uitvoer, en die beter landbouvooruitsigte ná die reën. Die persepsie van politieke risiko is ook effens versag omdat daar geen omstrede aankondigings in die staatsrede gemaak is nie. Die vooruitsig dat plaaslike rentekoerse hoog gaan bly, kon die rand ook gesteun het, sê Le Roux. -Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie