Rand kry woema na goeie kredietnuus
Vida Booysen - Die besluit deur twee kredietgradeerders om Suid-Afrika se kredietgradering onveranderd te laat, gee die rand woema.
Die geldeenheid het gisteroggend verder versterk nadat Fitch Ratings Donderdag besluit het om Suid-Afrika se kredietgradering onveranderd op BB+ te laat en Standard & Poor’s (S&P) se voorbeeld Vrydag gevolg het.
Teen 12:30 Suid-Afrikaanse tyd het die rand reeds met 1,18% tot R12,74 teenoor die Amerikaanse dollar versterk en met 1,02% tot R16,40 teenoor die Britse pond verbeter.
Die rand se versterking het gister groter momentum verkry danksy internasionale politieke gebeure oor die naweek, insluitende ’n terreuraanval in Londen en die besluit deur Golfstate onder leiding van Saoedi-Arabië om diplomatieke betrekkinge met Katar te verbreek.
Ontleders waarsku egter dat die derde groot kredietgradeerder, Moody’s dalk nie so vrygewig sal wees soos Fitch en S&P nie.
Macquarie Research sê in ’n nota aan beleggers dat hy steeds meen Moody’s sal Suid-Afrika se kredietgradering, wat Baa2, twee kerwe bokant rommelstatus is, met een kerf afgradeer en sy vooruitsig negatief hou wanneer hy binnekort Suid-Afrika se beleggingstatus hersien.
“Ons verwag nie enige daaropvolgende afgraderings van Moody’s nie, hoewel die risiko’s op die mediumtermyn duidelik sterker na die negatiewe kant oorhel,” lui die nota.
Annabel Bishop, hoofekonoom van Investec Bank, waarsku in haar beleggersnota indien Suid-Afrika sy beleggersgraad-status by al drie die groot graderingsagentskappe verloor, verloor hy ook sy insluiting in die Citigroup World Government Bond Index (WGBI), wat aan Suid-Afrika ’n waarborg van wesenlike beleggings in plaaslike staatseffekte deur internasionale fondsbestuurders verskaf.
“Dit kan ’n beraamde kapitaaluitvloei van tussen R80 miljard en R130 miljard vir die land beteken, wat die plaaslike geldeenheid aansienlik waarde kan laat verloor.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie