Rand lek steeds wonde oor Eskom
Rand lek steeds wonde oor Eskom

Rand lek steeds wonde oor Eskom

Elvira Wood

Die rand het vroeg Vrydagoggend nog steeds sy wonde gelek oor Eskom.

Die rand se goeie lopie die afgelope twee weke, waar hy meestal onder die R14-vlak teenoor die dollar verhandel het, het skielik tot ’n einde gekom.

Dit volg nadat die internasionale kredietgraderingsagentskap Moody’s Investors Service gemaan het die groter hulp van die regering aan Eskom is negatief vir Suid-Afrika se kredietgradering.

Lucie Villa, visepresident en senior kredietbeampte van Moody’s, sê in ’n verklaring dat dit ook slegte nuus is dat daar nog geen omkeerplan is vir die kragverskaffer nie.

Die rand het vroegoggend teen R14,09 teenoor die dollar verhandel.

Reuters berig die dollar het boonop wêreldwyd die afgelope week sy pas teenoor ’n mandjie geldeenhede gehandhaaf.

Dit is in afwagting op die Federale Reserweraad (Fed) se besluit op 31 Augustus oor rentekoerse.

Die verwagting is dat die Fed koerse gaan verlaag.

Die rand het vroeg Vrydagoggend teen R17,54 teenoor die Britse pond en R15,71 teenoor die euro verhandel.

Met hulpbronne staan sake soos volg:

· Goud: US$1 429,40 per fynons

· Platinum: US$868 per ons

· Olie: US$63,32 per vat

Digitale geld

· Bitcoin: US$9 715,57/R145 202

· Ethereum: US$215,18/R3 207 – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!